Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Adam Small in Brussel gehuldig

Met vers en klank is Woensdagaand in Brussel, België, hulde aan wyle prof. Adam Small, Suid-Afrikaanse digter en dramaturg, gebring.

Frazer en Deniel Barry bring hulde aan wyle prof. Adam Small in Brussel, België, tydens die Week van die Afrikaanse Roman. Foto: Johann Maarman

As deel van die Afrikaanse Week van die Roman in Nederland is Small in deBuren-sentrum vir sy enorme bydrae tot die Suid-Afrikaanse literatuur gehuldig.

Valda Jansen, bekroonde romanskrywer, het in haar toespraak gesê Small was een van die grootste Afrikaanse en Suid-Afrikaanse skrywers wat die land nog opgelewer het.

“Ná sy geboorte is hy ingevolge die apartheidswette as bruin geklassifiseer. Die apartheidswette het oor dekades heen ’n enorme invloed op die lewens van mense soos Adam Small gehad. Dit het ’n groot rol in sy werk gespeel. Dit was vir hom belangrik om die wêreld van die gewone mens te verwoord – gewone mense, veral bruin mense, wat swaargekry het onder apartheid en wat nie kon woon, leef en werk waar hulle wou nie.

“Small het teen die einde van sy lewe behoorlik erkenning vir sy werk in Afrikaans gekry. Omdat hy bruin was, was pryse vir letterkundige werke dekades lank nie aan hom en ander soos hy toegeken nie. Maar Suid-Afrika is stadig maar seker besig om sy apartheidsverlede te verwerk. Ons weet nou dat Adam Small nie net aan die bruin mense van Suid-Afrika behoort het nie, maar aan almal.”

Daarna het die jong digter Pieter Odendaal ’n hartroerende gedig, “Die eerste steen”, aan Small opgedra. Hierin vra hy dat Small moet aanvaar dat sy pa, wat indertyd in die sogenaamde grensoorlog betrokke was, ’n goeie man is.

Die rymkletspaar Frazer en Deniel Barry het Small se gedig “Doemanie” spesiaal vir die geleentheid getoonset. Frazer het gesê met dié gedig het Small ’n “middelvinger gewys vir een van die regimes (die kerk) wat tjoepstil oor die onderdrukking en verdrukking van sy mense was”.

Meer oor:  Adam Small  |  België  |  Brussel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.