Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Afleiding wat boei, gehul in komedie

Fiksie

Spark

Naoki Matayoshi

PUSHKIN PRESS, R250

Spark se speelse stofjas is die eerste leidraad dat dié debuut iets anders kan bied as die Westerse leesstof waaraan ons gewoond is.

Selfs gesoute lesers van Japannese skrywers se spoggerige Murakami-kennis gaan hier nie hond haaraf maak nie.

Maar voordat jy meer oor die komediant Matayoshi se aweregse novelle aanhoor, ’n kort les in die tradisionele Japannese kultuurvorm manzai.

Hoekom? Daarsonder sal Spark doodgewoon bisar wees.

Manzai is ’n tipe opstaan-komedie oorspronklik uit die Heian-periode. Vandag is dit steeds een van Japan se gewildste vorme van vermaak.

Die manzai-duo bestaan uit die boke, die vergeetagtige, dommerige en verwarde karakter, en die tsukkomi, die intelligente karakter wat voortdurend sy medespeler se misverstande moet korrigeer en verduidelik.

Die twee se oordrewe gekskeerdery maak staat op woordspelings, dubbele betekenisse en fisiese komedie.

In hierdie manzai-wêreld tref ons twee sukkelende, rigtinglose figure aan – Tokunaga en Kamiya. Tokunaga sien Kamiya optree en is beïndruk met sy vreeslose en aanvallende styl. Hy oortuig Kamiya om sy mentor te word.

Kamiya se manzai-persona is ongelukkig nie beperk tot die verhoog nie en sy absurde, selfvernietigende optrede bedreig sy reeds kwynende loopbaan.

Spark is ’n melancholies-komiese studie van vriendskap wat by tye self aan ’n manzai-optrede herinner en wat die waagmoed om jou drome na te jaag en die gepaardgaande selfweifeling uitlig.

Dit was ’n fenomeen in Japan en is later in ’n Netflix-reeks omgeskep. Nes manzai sal Matayo­shi se skryfstyl en niche-grappies nie in almal se smaak val nie. Spark is egter ’n fassinerende afleiding met meer lyf as wat dit met ’n oogopslag beloof.

Sonja van der Westhuizen is ’n vryskutresensent van Stellenbosch.

Meer oor:  Spark  |  Resensies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.