Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Afrikaans kraai koning op kortlys
Marita van der Vyver Foto: Robert Hamblin vir Vrouekeur

Amper die helfte van die name en titels op die kortlys vir die South African Literary Awards (Sala) is vanjaar Afrikaans.

Nie minder nie as nege van die 23 outeurs wat Sala Donderdag bekend gemaak het, kom uit ’n Afrikaanse stal en die jeugverhaalskrywer Jaco Jacobs se naam duik boonop twee keer op.

Jacobs is benoem vir sy twee weghol-kinderboeke getiteld Daar is nie ’n krokodil in hierdie boek nie en Moenie hierdie boek eet nie (albei het by Lapa verskyn).

Nóg ’n Lapa-boek, dié van die reeds veelbekroonde Marita van der Vyver is ook benoem vir jeugliteratuur: Al wat ek weet.

In die afdeling vir romans spring Dan Sleigh se naam uit met sy boek 1795 (Tafelberg) en in die kortverhaal-afdeling Nicole Jaekel Strauss vir haar bundel As in die mond (Queillerie).

Aan die poësiefront is daar Johan Myburg vir sy bundel Uittogboek (Protea) en vir debuutskrywer Celesté Fritze met haar roman Verlorenkop (Queillerie).

Nicole Jaekel Strauss Foto: Hein Jaekel

Deon Maas, wat in die afdeling kreatiewe niefiksie benoem is vir sy boek Melk die heilige koeie (Tafelberg), het in reaksie gesê as hy sien wie sy kompetisie is sal hy baie teleurgesteld wees in die beoordelaars se oordeelsvermoë as hy wen.

Maas kom te staan teen The Way I See It deur Jürgen Schadeberg (Picador Africa).

SALA het ook vir Herman Giliomee benoem vir ’n toekenning vir sy lewenswerk.

Die wenners word op 6 November tydens ’n gala-geleentheid by Unisa in Pretoria bekend gemaak.

Die volledige kortlys is:

Debutante

Celesté Fritze, Verlorenkop.

Malebo Sephodi, Miss Behave.

Kreatiewe niefiksie

Deon Maas, Melk die heilige koeie.

Jürgen Schadeberg, The Way I See It.

Poësie

Johan Myburg, Uittogboek.

Kelwyn Sole, Walking, Falling.

Toekenning vir vertaling

Jeff Opland & Peter Mtuze, Umoya Wembongi: Collected Poems 1922 – 1935) by John Solilo

Jeff Opland & Peter Mtuze, Iziganeko Zesizwe: Occasional Poems(1900-1943) by S.E.K. Mqhayi

Jaco Jacobs Foto: Verskaf

Nadine Gordimer-kortverhaalprys

Nick Mulgrew, The First Law of Sadness.

Nicole Jaekel Strauss, As in die mond.

Prys vir romans

Dan Sleigh, 1795

Rehana Rossouw, New Times

Kinder- en jeugfiksie

Marilyn J Honikman, There Should Have been Five

Jaco Jacobs, Daar is nie ? krokodil in hierdie boek nie

Jaco Jacobs, Moenie hierdie boek eet nie

Marita van der Vyver, Al wat ek weet

Lewenswerk

Hermann Giliomee

Ronnie Kasrils

Meer oor:  Marita Van Der Vyver  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.