Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Afrikaanse kinderboek oor menstruasie nou hier
‘Hallo, menstruasie: ’n Alles-in-een-gids met feite, wenke en ware stories’ hoop om die ongemak van gesprekke oor menstruasie uit die weg te ruim.

’n Kinderboek wat hoop om sensitiewe gesprekke oor menstruasie minder ongemaklik te maak, het vanuit Australië in Suid-Afrika geland.

Yumi Stynes en dr. Melissa Kang se 2019-boek, Welcome to your period: Your easy, no-dumb questions guide to handling it like a boss, is deur Wilna Liebenberg na Afrikaans vertaal en word nou deur Lapa-uitgewers uitgegee.

Volgens Shawna-Leze Meiring, uitgewer van kinder- en jeugboeke by Lapa, is daar nie tans baie boeke soos Hallo, menstruasie: ’n Alles-in-een-gids met feite, wenke en ware stories op die mark beskikbaar nie, veral nie in Afrikaans nie.

“Gewoonlik word menstruasie as deel van ’n bespreking oor puberteit behandel, so daar word oor menstruasie geskryf en gepraat, maar nie noodwendig uitsluitlik daarop gefokus nie,” sê sy.

“Menstruasie is ’n ‘sensitiewe’ onderwerp en een waaroor mense nie maklik praat nie.”

Die boek is volgens ’n mediaverklaring gemik op “amper-tieners én tieners”. Dit sit volgens Meiring die feite van die menstruasieproses duidelik uiteen vir meisies van ouer as nege “sonder om enigiemand – hopelik – ongemaklik te laat voel”.

“Die boek word baie prettig en quirky aangebied – dit geld die uitleg, illustrasies en die teks,” sê sy.

“Dit is omvattend – van basiese inligting vir meisies wat wonder oor wat menstruasie nou eintlik is, tot meer diepte-besprekings.

“Die skrywers beantwoord ook deurgaans vrae van meisies en daar is baie stories oor hoe verskillende meisies en vroue hul menstruasie hanteer het.”

Dit is ’n belangrike boek, sê Meiring, veral omdat dit ’n daadwerklike poging is om ’n gesprek te begin oor ’n onderwerp waaroor talle skaam is.

“Daar word te min prontuit gepraat oor menstruasie. Tog is dit niks om oor skaam te wees nie. Die boek bied baie duidelike inligting oor die hele proses sodat daar geen twyfel oor menstruasie by meisies én hul ouers bestaan nie.

“Die enigste manier om iets te normaliseer, is om daaroor te praat.”

  • Hallo, menstruasie: ’n Alles-in-een-gids met feite, wenke en ware stories kos R262.
Meer oor:  Lapa-Uitgewers  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.