Fiksie
Aanspreeklikheid
Jaco Fouché
HUMAN & ROUSSEAU, R285
Jaco Diehl woon op Hermanus.
Hy word getuie van ’n poging tot moord op sy buurvrou en geleidelik word hy betrek by ander dade van geweld: eers op Hermanus, maar later ook op Somerset-Wes en eindelik in Kaapstad.
Sy lewe is aan die disintegreer en dit lyk nie of hy regtig omgee nie. Die hoofkarakter sleur die leser al hoe dieper mee in ’n doolhof.
Wie is aanspreeklik vir die moorde, en wat is die waarheid?
Of word ook die waarheid ’n storie, ’n verdoeseling wat nes Jaco nie vertrou kan word nie?
Publikasiedatum: 20 April.