Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Almal werk saam aan Krimifees in Grabouw
Bettina Wyngaard, die Afrikaanse skrywer wat die eerste Krimifees in Suid-Afrika georganiseer het.

Skrywers het geskarrel, hul dagboekafsprake geskuif en ander in die boekewêreld het ingespring om met reëlings te help sodat Bettina Wyngaard se jarelange idee van ’n Krimifees tot uitvoering kon kom.

Die opgewondenheid oor dié eerste in Suid-Afrika was so groot dat sowat 20 van die land se bekendste misdaad- en spanningskrywers hulle in Augustus vir die fees van twee dae sal aanmeld.

Dit is nie al nie. Wyngaard en ’n vriendin se gespot om hul grootworddorp, Grabouw, die literêre “hotspot” van die land te maak, word ook bewaarheid.

Wyngaard sê die belangrikste is egter om misdaadromans as ’n genre op sy eie te laat skyn. “Ons het topgehalte-skrywers, fantastiese verhale en die mees lojale lesers waarvoor ’n

Deon Meyer

mens kan wens.

“Europese verhale kan dalk donkerder oorkom, maar ons skrywers skryf gewoonlik vanuit ’n plek van diepe kennis. In ’n gewelddadige land soos Suid-Afrika kan dit nie anders nie.”

Onder die deelnemers is Deon Meyer, Rudie van Rensburg, Karin Brynard, Irna van Zyl, Martin Steyn, André Krüger, Chanette Paul, Carina Diedericks-Hugo, Peter Church, Michéle Rowe, asook Wyngaard wie se misdaadroman Jagter pas verskyn het.

In ’n gesprek op die pas afgelope Vrystaat Kunstefees is vertel dat ’n speurder in die ou romans altyd die held was. Deesdae is “die rasegte speurder meestal ’n gekwelde mens en die soektog na die misdadiger dikwels

Karin Brynard

ook ’n soeke na dieper lewensvrae”.

Die Krimifees bestaan uit nege gesprekke waarvan een

van die mees aktuele onderwerpe, plaasmoorde, onder die loep sal kom. Wyngaard sal aan skrywers wat al die tema aangeraak het vrae stel soos “is dit politiek, volksmoord of die hartseer gevolg van ’n ongelyke samelewing?” Die skrywers wat hierop sal antwoord, is Brynard, Meyer, Julian Jansen en Andrew Brown.

Misdaad se sagter kant oor kwesbare speurfigure wat teen bedrewe boosdoeners te staan kom, is nog ’n tema wat uit verskillende hoeke bepraat sal word. Die deelnemers is Sally Andrew, Steyn, Krüger en Van Rensburg onder leiding van Izak de Vries van Lapa-uitgewers.

Vroueskrywers kry ’n platform om hul sê te sê oor hul toetrede tot die krimigenre wat meestal met mansskrywers vereenselwig word.

’n Gesprek wat interessante insigte kan oplewer, is “boek of bars” waarin Meyer, Brynard, Van Rensburg en Wyngaard sal vertel hoe hulle die druk hanteer om aan te hou produseer.

Aandag word ook aan sukses gegee: Hoe voel dit wanneer ’n skrywer se boek verfilm word of die vertaalde werk lof inoes in die VSA?

* Die Krimifees word van 9 tot 11 Augustus in Trail’s End en South Hill in Grabouw gehou. Besoekers betaal R50 per sessie of R300 vir die naweek. Bespreek by

christy@libertybooks.co.za of 021 859 1174.

Meer oor:  Bettina Wyngaard  |  Grabouw
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.