Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Annelie Botes en haar man 'kán nog harde bene kou' ná kanaalbootreis

Ná ’n 91 dae lange kanaalbootreis wat die skrywer Annelie Botes in haar jongste boek, Kammaland, beskryf, het sy en haar man, Chris, besef: “Ons kán nog harde bene kou.”

Hulle het in 2017 min of meer op die ingewing van die oomblik besluit om so ’n reis in Engeland aan te durf. Net hulle twee.

Kammaland
Annelie Botes Foto: Salvelio Meyer

Kammaland het onlangs by Penguin verskyn.

Dit was opwindend en vreesaanjaend, maar dit het die Botes-egpaar tot nuwe insigte gebring.

“Jy moet weet wat jy kan deurstaan,” sê Botes. “Moenie dinge aanpak en jou spaargeld gebruik en dan vir drie maande in ’n igloe in Ysland gaan bly and then you just can’t make it . . .

Hulle het die reis in die Engelse winter onderneem.

“Baie mense het gevra of ons simpel is om in die winter te vaar. Ons was al voorheen in die winter vir ’n lang tyd in Engeland.”

Botes het boonop met ’n seer kuit op die kanale gevaar. Sy het eers lank ná die reis ’n operasie ondergaan.

“Nou is daar geen pyn in my bene nie. Nou sal ek so ’n reis eintlik beter kan hanteer.”

‘Kammaland’ deur Annelie Botes.

Op hierdie reis was die Botes-egpaar op mekaar aangewese. Hulle was wel nie net op die kanaal nie. Hulle moes dikwels voet aan wal sit, onder meer vir nuwe voorraad. Hulle het wel baie mense langs die pad teëgekom; daar was ’n partytjie in ’n markiestent; hulle het dikwels kerkdienste bygewoon en allerhande kulturele dinge gesien. Botes het ook toestemming gekry om in ’n kerk orrel te speel.

Die boot, wat hulle op baie kort kennisgewing bekom het, se naam is Carpe Diem.

“Op die eerste dag wat ons hierdie reis beplan het, toe ek Chris geroep het en gesê het, ‘kom drink by my tee, ek het ’n plan’, so vinnig het dit gebeur. Binne ’n dag het ons ’n bootkontrak gehad.”

“Die stadige verloop van alles . . . Ons het mettertyd gevoel ons mis (in ons daaglike bestaan) die essensie van die lewe.”

Die laaste dag van hul reis in Engeland was emosioneel toe haar man die boot op sy plek moes vasmeer.

“Ek het op die wal gestaan en aan die boot vasgehou. Dit het so onder my hand uitgegly soos hy weggevaar het.”

Dit was ’n aanpassing om weer in hul normale omstandighede te leef.

Dit het al begin in die week toe hulle by haar dogter, Nasti, in Engeland gekuier het. Albei haar kinders woon daar.

Botes het besef mense leef te vinnig.

“Oor die wêreld heen gebeur dit. Jy vaar teen twee myl per uur op die kanaal. Alles kom stadig nader. Jy kan alles goed bekyk. Ons is amper tot stilte geruk. Jy hoor die voëls in die bome langs jou.

“Jy sien die wildsbokkies. Jy sien doer in die woud sit ’n ou dame op ’n bank ’n boek en lees.

“Die stadige verloop van alles . . . Ons het mettertyd gevoel ons mis (in ons daaglike bestaan) die essensie van die lewe.”

Botes glo ’n mens moet doen wat jy kan, terwyl jy kan, “want daar gaan ’n tyd kom wat ons (sy en Chris) sekere goed nie meer kan doen nie en dan gaan ons vra hoekom ons dit nooit gedoen het nie”.

“Vra eerder eendag hoekom het ek dit of dat gedoen, eerder as hoekom het ek dit nié gedoen nie.”

* Kammaland word deur Penguin uitgegee en kos R280.

Meer oor:  Penguin  |  Annelie Botes  |  Kammaland  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.