Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Digter teen apartheid sterf

Die anti-apartheidsdigter Peter Horn (84), wat in die Tsjeggiese Republiek gebore is en aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog uit sy land gevlug het, is in Johannesburg dood.

Horn is Dinsdag, twee weke ná sy 30ste huweliksherdenking, dood, sê sy vrou, prof. Anette Horn.

Digter
Die anti-apartheidsdigter Peter Horn is dood.

“Pankreaskanker is vroeër by hom gediagnoseer en toe hy twee maande gelede weer in die hospitaal opgeneem is, is ontdek dat die kanker na sy longe en hart versprei het,” sê Anette, ’n professor in Duits aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits).

“Tog het hy tot twee maande gelede nog produktief gebly. Ons het nog tot twee maande gelede saam aan ’n boek oor die Duitse skrywer Christoph Hein gewerk. Hy het al hoe swakker geword, en sy dood was te wagte.”

Dié boek, Die Risse des gebrochenen Spiegels, is voltooi voordat hy in die hospitaal opgeneem is.

“Aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog moes hy en sy ouers uit die destydse Tsjeggo-Slowakye na Duitsland vlug. Hy het ’n gedig geskryf oor die laaste dag van die Tweede Wêreldoorlog, toe daar ook ’n bom ontplof het en die meisie langs hom gesterf het.”

Hy sou in Desember 85 geword het.

Hy het in 1955 in Suid-Afrika kom woon en aan Wits gestudeer. As akademikus was hy onder meer aan die Universiteit van Kaapstad (UK) verbonde.

“Hy was ’n briljante man. Hy was my kollega en het saam met André P. Brink en JM Coetzee kreatiewe skryfwerk aan die UK begin,” sê prof. Joan Hambidge, digter en akademikus.

Anette onthou ook sy verse wat spreek van sy ervaring as vlugteling.

“Aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog moes hy en sy ouers uit die destydse Tsjeggo-Slowakye na Duitsland vlug. Hy het ’n gedig geskryf oor die laaste dag van die Tweede Wêreldoorlog, toe daar ook ’n bom ontplof het en die meisie langs hom gesterf het.”

Horn se debuutdigbundel, Voices from the Gallows Trees, is in 1969 uitgereik. Talle bundels het gevolg asook die kortverhaalbundel My Voice is Under Control Now, wat in 1999 deur Kwela uitgereik is.

Hy is in 2000 benoem vir die Caine-prys vir Afrika-letterkunde.

Hy het in 2010 ’n eerbewys vir lewenslange bydrae van die SA Literary Awards ontvang.

Hy word oorleef deur sy vrou en drie seuns uit sy eerste huwelik.

Meer oor:  Kwela  |  Digter  |  Digters  |  Tweede Wêreldoorlog  |  Letterkunde  |  Poësie  |  Joan Hambidge  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.