Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Armand Aucamp, ma lees stories in virtuele konsert
Armand Aucamp

Die nostalgie van ’n ma wat stories voorlees, het die akteur Armand Aucamp so oorval dat hy sy ma gevra het om saam met hom kinderstories in ’n virtuele konsert voor te lees.

Aucamp en sy ma, Petra, lees Dinsdag om 17:00 in Inbly-konsert: kaggels, kerse en kinderstories elkeen voor die kaggel in hul onderskeie huise stories uit Leon Rousseau se boek My Storiekis voor.

Aucamp lees vier stories voor, waarna sy ma drie stories voorlees.

“Dit is spesiaal as jou ma stories voorlees,” sê Aucamp.

“My ma is baie goed met voorlesing. Sy is deel van die Stellenbosse poësiekring en sy het jare gelede drama gestudeer. Ek het haar genader en sy stuur toe vir my ’n clip waarin sy uit Huppelkind (van W.H. Kühne) voorlees. Toe raak ek nostalgies, want sy het dit vir my gelees toe ek ’n kind was.”

Aucamp, bekend om sy rolle in reekse soos Die boekklub en Sterlopers, het aan die begin van die staat van inperking ingestem om ’n oudioboek vir ’n maatskappy te lees.

Petra Aucamp

“Ek het besef daar is midde-in die inperking soveel vermaak vir volwassenes, maar heelwat minder vir kinders.”

Hy het NB-Uitgewers genader om die regte van Huppelkind te bekom.

“Toe stel hulle voor ons gebruik ’n boek wat nou op die rak is. Die konsert duur net so ’n bietjie minder as ’n uur. Ons elkeen sit in ’n gemakstoel voor die kaggel – sy in haar huis in Stellenbosch en ek in my huis in Seepunt – en ook by kerslig. Ons skep ’n lekker winter-atmosfeer.”

Petra het haar opname aan Armand gestuur en hy het die redigering gedoen.

“My ma is gemaklik daarmee om voor te lees, maar voor die kamera is dit ’n ander storie. Ek het musiek bygevoeg asook sommige van Linki Lutz se illustrasies wat in die boek voorkom. Ons wou dit visueel mooi maak. Dis so lekker dat hierdie skakel (na die konsert) wêreldwyd beskikbaar is. Mense wat huis toe verlang of hulle kinders na Afrikaans wil laat luister, sal dit geniet.”

* Die skakel na die konsert is van Dinsdag om 17:00 beskikbaar.

* Kaartjies kos R69,99. Bespreek by Computicket. Die skakel is tien dae lank beskikbaar, maar sodra jy daarna begin kyk, het jy net 48 uur om na die konsert te kyk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.