Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
ATKV vier die liefde met Veertjies vir Kapp en Davies
Sophia Kapp

Die wenners van die ATKV Woordveertjies vir romanses en liefdesromans, is pas aangekondig.

Die wenner van die prys vir romanses is Liefste rooikop – Elize Davies (Romanza).

So het die beoordelaars oor die wenboek gesê:

“Wanneer Eldri in die maanlig deur ’n vreemdeling gesoen word, is dit allesbehalwe die begin van ’n feëverhaal met ’n gelukkige einde. Die volgende oggend stort haar hele lewe inmekaar, alles te wyte aan haar “prins” se speurwerk na die korrupsie van haar ouers – iets waarvan sy glad nie bewus was nie.

Die omslag van ‘Kanaän’ deur Sophia Kapp.

“Eldri se selfstandige onafhanklikheid wat sy van kleins af moes aanleer, sorg dat sy weer ’n nuwe lewe kan begin – ’n lewe waarin hul paaie weer kruis en die aanvanklik onwillige held en heldin leer om mekaar te vertrou.

“Die emosionele spanningslyn word aangevul deur humoristiese insidente en interessante karakters. ’n Heerlike leeservaring.”

Die beoordelaars was Carol-Ann Alexander, Naomi Bruwer en Amanda Claassens.

Die wenner in die kategorie vir liefdesromans was Kanaän van Sophia Kapp (Lapa Uitgewers).

Die beoordelaars sê die volgende oor dié wenboek:

“Kanaän is ’n meesterlike, puik nagevorste roman met lewensgetroue karakters wat diep in die leser se hart kruip. Belangrike temas soos vergiffenis, vooroordeel, naasteliefde en oorlog met al sy wreedheid, vorm die agtergrond van hierdie woordskildery, sonder om die liefdesverhaal te oordonder.

Elize Davies, skrywer van ‘Liefste Rooikop’.

“Sophia Kapp se taalgebruik is bekoorlik, genuanseerd en poëties. Die tyd rondom die Tweede Wêreldoorlog en die lewe op ’n boereplaas is goed nagevors. Die gebeure in Europa het ’n direkte impak op dit wat op die plaas gebeur. Kapp het die omstandighede wat daardeur geskep is, soomloos by haar verhaal ingewerk, sodat ’n mens begrip kan hê vir hoe die mense van daardie tyd dink en doen.

“Die verhoudings tussen die mense van verskillende nasies met hul konflikte, vooroordele en afkeure word uitstekend uitgebeeld. Kanaän is een van daardie boeke wat jy nie wou of kon neersit nie. Hierdie boek neem die leser in elke opsig op ’n reis van fisiese en emosionele oorwinning.”

Die beoordelaars was Malene Breytenbach, Shireen Crotz en Ilse Salzwedel.

Die omslag van Elize Davies se boek ‘Liefste Rooikop’.
Meer oor:  Sophia Kapp  |  Elize Davies  |  Boeke  |  Atkv  |  Woordveertjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.