Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Atwood en Rushdie op Booker-langlys
Die omslag van Margaret Atwood se The Testaments.

Dertien skrywers verskyn op die langlys vir die gesogte Man Booker-prys. Agt is vroue en vyf is mans.

Twee vorige wenners, Margaret Atwood en Salman Rushdie, is weer op die lys.

Die Mexikaans-Italiaanse skrywer Valeria Luiselli verskyn ook op die lys met haar eerste roman in Engels. Net een debuut verskyn op die lys, dié van Oyinkan Braithwaite getiteld My Sister, The Serial Killer.

Die lys is saamgestel uit 151 romans wat in Brittanje of Ierland gepubliseer is tussen 1 Oktober 2018 en 30 September 2019.

Die Booker-prys vir fiksie is die eerste keer in 1969 oorhandig en is oop vir alle skrywers wat in Engels skryf en wie se boeke in Brittanje of in Ierland verskyn het.

Die omslag van Kevin Barry se Night Boat to Tangier.

Hier volg die langlys:

Margaret Atwood (Kanada) The Testaments

Kevin Barry (Ierland) Night Boat to Tangier

Oyinkan Braithwaite (Brittanje/Nigerië) My Sister, The Serial Killer

Lucy Ellmann (VSA/Brittanje) Ducks, Newburyport

Bernardine Evaristo (Brittanje) Girl, Woman, Other

John Lanchester (Brittanje) The Wall

Deborah Levy (Brittanje) The Man Who Saw Everything

Valeria Luiselli (Mexiko/Italië) Lost Children Archive

Chigozie Obioma (Nigerië) An Orchestra of Minorities

Max Porter (Brittanje) Lanny

Salman Rushdie (Brittanje/Indië) Quichotte

Elif Shafak (Brittanje/Turkye) 10 Minutes 38 Seconds in This Strange World

Jeanette Winterson (Brittanje) Frankissstein

Die voorsitter van die beoordelaars, Peter Florence, het boekwurms aangeraai om al 13 boeke te lees.

“Daar is Nobelprys-wenners en debutante op die lys. Daar is geen gunstelinge nie; almal kan die prys wen. Hulle verbeel ons wêreld, van die daaglikse nuus van rampspoed en tragedie, met wilde humor, diep insig en menslikheid. Die skrywers bied hoop en vreugde, hulle vier die ryke verwikkeldheid van Engels as ’n wêreldtaal.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.