SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Boeke
Begin van enorme avontuur

Betsie, Meneer Tier en die blou maan

Sally Gardner & Nick Maland

LAPA, R180

Betsie se pa maak die lekkerste roomys op aarde in elke geur waaraan jy kan dink. Haar ma is ’n meermin wat gereeld kom kuier.

Betsie het twee drome: Sy wens dat Meneer Tier se sirkus haar eiland sal kom besoek en sy droom oor roomys wat van towerbessies gemaak word, sodat al haar drome waar kan word wanneer sy daarvan eet.

Dan daag Meneer Tier en sy Goebelgop-sirkus­akrobate op. Dit is die begin van ’n enorme avontuur.

Betsie, Meneer Tier en die blou maan is ’n vernuwende, moderne feëverhaal met ’n sterk vroulike hoofkarakter.

Meer oor:  Resensies  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.