Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Bekroonde boek oor huiswerkers nou in Engels
Soos familie
Ena Jansen by die skildery deur Dorothy Kay van Annie Mavata wat as omslag op haar boek gebruik word. Foto: Corina van der Spoel

Ena Jansen se bekroonde boek Soos familie – stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste is onlangs in Engels uitgereik.

Like Family – Domestic workers in South African History and Literature word deur Wits University Press uitgegee.

Like Family – Domestic workers in South African History and Literature deur prof. Ena Jansen.

Die Afrikaanse uitgawe wat in 2015 by Protea verskyn het en met die UJ-prys vir letterkunde bekroon is, handel oor huiswerkers wat in boeke deur skrywers soos Elsa Joubert, Marlene van Niekerk en Jan van Tonder voorkom, maar sluit ook huiswerkers in wat in Engelse letterkunde voorkom.

Ena Jansen met ’n Engelse eksemplaar van haar boek. Foto: Stefanie Hefer

“Huiswerkers is ’n onderwerp wat elke Suid-Afrikaner raak – of jy het grootgeword met ’n huiswerker, of jy moes jou ma ontbeer omdat sy iemand anders se kinders gaan oppas het. “Met die Engelse vertaling het ek in gedagte gehou watter leser hierdie boek gaan optel,” sê Jansen wat self die vertaling gedoen het.

“Ek moes oor geskiedkundige onderwerpe uitbrei, byvoorbeeld die destydse sendingstasies.”

Soos die Afrikaanse uitgawe sluit Like Family tekste in deur J.M. Coetzee, Nadine Gordimer, Zakes Mda, Damon Galgut en Zoë Wicomb.

“Dit was vir my baie belangrik dat die boek eers in Afrikaans uitgereik moes word, maar ek het van die begin af gedink dit moet ook in Engels verskyn. Daar is baie debatte oor byvoorbeeld die migrasie van huiswerkers. Ek hoop die boek sal kan aansluit by internasionale debatte, veral omdat New York University Press die verspreiding gaan hanteer. Seker omtrent die helfte van die verwysings na huiswerkers kom uit Engelse boeke,” sê Jansen, wat afgetree is, maar steeds aan die Universiteit van Amsterdam verbonde is.

“Daarom dat dit so ’n omvattende beeld van Suid-Afrikaanse perspektiewe op Suid-Afrikaners se leefwyses en visies gee.”

Die bekende Nederlandse vertaler Riet de Jong-Goossens het dit in Nederlands vertaal en dit is in 2016 as Bijna familie uitgereik.

“Ek wou die Afrikaanse en Nederlandse boeke aanpas om dit vir Engelse lesers meer geskik te maak,” sê Jansen.

“My redakteur Lynda Gilfillan (met die Engelse teks) se hulp was onontbeerlik. Hoewel dit ’n nagevorste boek is, wou ek dit nie akademies skryf nie.”

In 2003 het Jansen haar intreerede in Amsterdam gelewer. Haar onderwerp was Eva/Krotoa, wat op ’n jong ouderdom deur Jan en Maria van Riebeeck in hul huis as oppasser vir hulle kinders ingeneem is. Sy het een van die belangrikste tolke tussen die Nederlanders en die plaaslike mense geword.

“Toe ek later op besoek in Suid-Afrika was, het ek besef dat huiswerkers ook dikwels tussengangers is wat beweeg tussen hul eie huishouding of leefruimte en dié van die huishouding waar hul werk. Ek wou kyk wat is hul plek in die letterkunde. Daar is ’n ambivalente ding van vertroulikheid, maar tog is daar ook ’n afstand. Daarom gebruik ek die titel Soos familie.”

* Like Family kos R420.

Meer oor:  Letterkunde  |  Huiswerkers  |  Vertaling  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.