Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Beleef China deur haar oë

Vat jou hele hart: Kom saam na die Middelkoninkryk deur Elkarien Fourie. Uitgewer: Naledi. Prys: R220.
Resensent: Jeanne Henning Els

Wanneer ’n bedrewe skrywer prikkelende feite met persoonlike ervaring vermeng, boonop oor ’n land waarvan die kultuur vir die meeste Westerlinge nog taamlik vreemd is, sit ’n leunstoelreisiger nie sommer die boek neer nie.

Boonop weef die vryskutjoernalis Elkarien Fourie humor en vermaak­like staaltjies in haar verhaal in oor hoe sy China (en ’n deel van Japan) verken het. Veral as jy van plan is om China die eerste keer te besoek, kry jy met die skrywer se deel van voorspoedige sowel as minder suksesvolle oomblikke op die koop toe wenke oor die moets en moenies. Hoofstuk 17 bied selfs ’n ligte taalles in Mandaryns.

Fourie en haar man het byna nege jaar in die “teedrinkende” land met sy “antieke argeologiese wonders” Engels gegee, soms terwyl elkeen in verskillende gebiede gewerk en gewoon het.

Fourie se skryfstyl is dikwels treffend. China se kontras tussen antiek en modern beeld sy uit as “met een voet agter die waterbuffelploeg en die ander in die ruimte-eeu soekend na brandstof op die maan”. Na haar ervaring om onbekende plekke te verken, verwys sy as “ ’n venster met ’n nuwe uitsig” wat in haar kop oopgemaak het en waarna sy weer en weer kan terugkeer.

Kos kry ook aandag. In die suidelike provinsie Zhejiang, byvoorbeeld, is ’n eier wat ’n dag en ’n nag in seuns se urien gekook is ’n lekkerny. Dit is glo ook gesond.

Kleurfoto’s aangebied as ’n eenheid in die middel van die boek trek glad nie die aandag af van die teks nie, maar dra wel by tot die gevoel dat jy visueel saam reis en ervaar.

  • Jeanne Henning Els is ’n rubriekskrywer en vryskutresensent.
Meer oor:  Resensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.