Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Bezuidenhout lewer Van Wyk Louw-lesing by UJ
Andries Bezuidenhout

Die rol van verbeelding in sosiale omwentelings en kwessies rakende die voortbestaan al dan nie van ’n Afrikaanstalige kultuurlewe, is die fokus van prof. Andries Bezuidenhout se aanbieding van die jaarlikse N.P. Van Wyk Louw-gedenklesing.

Die lesing getiteld “Utopiese verbeelding Van Wyk Louw” word Donderdag by die Universiteit van Johannesburg (UJ) aangebied.

Bezuidenhout, digter en musikant asook professor in ontwikkelingstudies aan die Fort Hare-Universiteit, laat ook die ontslape Louw met die Suid-Afrikaans gebore skrywer T. Dunbar Moodie “in gesprek tree”.

Moodie, wat in Amerika woon, het twee klassieke werke geskryf waarin hy Louw in The Rise of Afrikanerdom beskryf, sê Bezuidenhout.

“Louw se definisie van Afrikaners was kultuurgegrond, en nie ’n regse definisie nie. Hy het bruin Afrikaanssprekendes as deel van Afrikanerdom beskou – ’n kulturele definisie, een wat nie in ‘ras’ gesetel was nie. Ons weet egter wat gebeur het – die verwydering van bruin mense van die kiesersrol, die vernietiging van Distrik Ses en ander woongebiede en daarmee saam historiese kerkgeboue, die vernedering aan die hand van die ontugwet, die toeklap van die deure van ’n Afrikaanse intellektuele en kultuurlewe (teaters, biblioteke, skole, universiteite),” sê Bezuidenhout.

’n Deel van die gesprek handel oor ras en taal.

Moodie, wat in 1940 in Kaapstad gebore is en as kind in ’n stadium op Robbeneiland gewoon het, het ook ’n referaat oor Louw geskryf.

Bezuidenhout skenk ook in sy lesing sy skildery Karoo-dorp: winteraand van die Louw-huis in Sutherland (waar Louw grootgeword het) aan die Universiteit van Johannesburg.

* Die lesing begin Donderdag om 18:30 vir 19:00 in UJ se raadsaal in die Madibeng-gebou op die Auckland Park-kampus op die hoek van Kingsway-laan en Universiteitsweg.

Stuur ’n e-pos aan avantonder@uj.ac.za vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.