Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Bibi skuif van die bed na die boekrak
Bibi Slippers Foto: Adam Heyns

Bibi se boekrak, ’n kykNET-aanlynreeks, laat ’n boekgemeenskap en -vriendekring van lesers elke week wyer uitkring.

Die bekroonde digter Bibi Slippers gebruik reeds sedert begin Julie dié digitale platform om mense na boeke te lok. Dit word elke Donderdag om 12:00 op kykNET se webblad geplaas.

“Nie almal het die voorreg om in ’n vriendekring te wees waar almal lesers is nie,” sê Slippers.

“Dit is maar nog kort brokkies en mense kan agterna weer daarna gaan kyk. Ek bespreek en beveel boeke aan. Ek wil kykers bekend stel aan boeke wat lekker is.”

Slippers sê sy lees nie ’n boek klaar wat sy nie geniet nie.

Dit is vir haar belangrik om debuutwerke in te sluit en sy deel ook literêre nuus.

“Dis lekker om ’n heerlike boek deur ’n jong mens te lees wat in Afrikaans skryf en boonop regtig ’n goeie boek oplewer. Hulle is skrywers wat ook nie elders noodwendig lugtyd sal kry nie.”

Slippers kan sien wanneer die reeks opgelaai is, want daar is baie vinnig terugvoering van kykers.

“Ek kry baie interessante boodskappe op Instagram. Ek laai ook die insetsels op Instagram. Dit word ook op televisie uitgesaai, maar daar is nie ’n vaste tyd daarvoor nie, so jy kan nie beplan om dit op televisie te kyk nie.”

Slippers nooi ook dikwels ’n gas na haar program. Verlede week het die digter Loftus Marais sy insae gedeel.

“Ek hou van aanbevelings van mense wat ook ander goed as ek lees.

“In een van die episodes praat Waldimar Pelser (redakteur van Rapport) oor ’n paar niefiksieboeke. Hy lees baie meer en wyer niefiksie as waarby ek ooit sal uitkom.”

* Die reeks duur tot Maart.

* Slippers het in 2016 haar debuut gemaak met die digbundel Fotostaatmasjien, waarvoor sy 2017 se UJ-debuutprys gewen het.

Meer oor:  Bibi Slippers  |  Waldimar Pelser  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.