Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Binnekort op die rak: Die ‘ANC-Wilhelm’ se strewe na insig

Wilhelm Verwoerd, kleinseun van “die argitek van apartheid” en seun van die samesteller van Verwoerd aan die woord II, was maar 2½ jaar oud toe Demitrio Tsafendas sy oupa op 6 September 1966 met ’n dolk aangeval het.

Hy begin sy nuwe boek oor sy traumatiese “ontwoerdingsproses” en “familieverraad”, Bloedbande: ’n Donker toekoms, met ’n “ope” brief aan sy oupa waarin hy (na aanleiding van die vredeswerk en openhartige dialoog tussen voormalige vyande wat hy in Ierland en Noord-Ierland gedoen het) wonder of hy ook “dieselfde binnepad” met sy oupa kan stap. “Hoe kan ek gehoor gee aan my groeiende behoefte om juis Oupa as méns te ontdek? Durf ek Oupa probeer verstaan – in eerlike, selfondersoekende nederigheid, met hart en siel en verstand – gegewe die gevaar dat diegene wat onder dr. Hendrik Verwoerd se beleid gely het (en steeds onder die gevolge daarvan gebuk gaan) my empatiese strewe na insig as sout in hul wonde mag ervaar? Is dit moontlik dat ek as kleinkind ook Oupa kan vermenslik sonder om die rou verband wat soveel Suid-Afrikaners tussen Verwoerd en hul historiese ontmensliking lê onderskat?”

Anne-Marie Mischke, voormalige adjunkredakteur van Rapport, beskryf Bloedbande as ’n insiggewende, aangrypende en bowenal belangrike boek wat unieke materiaal bevat, onder meer verskeie roerende uittreksels uit die dagboeke van sy ouma, Betsie Verwoerd, wat in 2000 oorlede is.

* Bloedbande word deur Tafelberg uitgegee en sal vanaf 16 Julie by goeie boekhandelaars beskikbaar wees. Dit kos R290.

Meer oor:  Wilhelm Verwoerd
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.