Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Boek ’n blik op andersheid

Pelgrimshoop

Ronel Nel

LAPA, R230

Boerejodin en leermeesteres Hannah de Witt, moet in 1956 vir Elias Bart, ’n perdeboer, op sy Laeveldse plaas onderrig in wetenskap, musiek en die letterkunde. Haar broer, die fyne Abram, ’n skrywer, vergesel haar.

Vliet Vorster, die rykste boer in die fiktiewe Pelgrimshoop-distrik, beskou Elias as sy aartsvyand. Die rede: “Die verdomde Barts het al wat ’n Vorster-perd is op die landbouskoue begin klop met pryse as stoetperde . . .” Volgens Vliet is die Barts drek, ’n mengelspul sonder oorsprong.

Hannah en Abram se koms veroorsaak ’n opskudding. Vliet en van die dorpse mense skryf ’n eklips toe aan heksery en “daardie swart spinnekop en haar slaphoedaanhangsel”. Vliet sien selfs Bart se manier met perde aan as towenary. Hy verstaan nie die stil, sterk man se band met en waardering vir die natuur nie.

Die leser beleef hoe blinde vooroordeel, oningeligtheid, ongeletterdheid, bygelowigheid en ’n eng lewensuitkyk haat en vrees aanwakker en klowe tussen mense skep. Dit wat anders, nuut en vreemd is, word onlogies gesien as boos en met agterdog en vyandigheid bejeën.

Pelgrimshoop is nie net ’n liefdesverhaal nie. Die skrywer vang die magiese én die aardse saam met die kleindorpse mentaliteit asook ouwêreldse sjarme van die periode vas. Die karakters is eg menslik en die leser identifiseer moeiteloos met hulle.

Nel stel die inherent sleg in mense in kontras met die goedheid van eenvoudige en opregte siele.

Louise Viljoen is ’n vryskutresensent van Jeffreysbaai.

Meer oor:  Fiksie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.