Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Boek om jonges weer aan’t lees te kry

Tienerfiksie (13+)

Puntemasjien

Christo Meyer

NALEDI, R170

Puntemasjien van Christo Meyer het met perfekte tydsberekening sy verskyning gemaak – nét voordat die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan afskop.

Dis die verhaal van ’n jong rugbyspeler, Clint Bonthuys, wat in gr. 12 aan die Hoërskool Melvin Whitebooi is. Dit speel af in ’n plattelandse dorpie, Kraalfontein, iewers in die Boland.

Meyer teken, met ’n seker hand, die daaglikse ervarings van Bonthuys, sy familie se persoonlike worstelinge en dié van sy vriende, aan.

Die jong Bonthuys is ’n begaafde losskakel van wie almal groot verwagtinge koester – selfs om eendag die Boland-Cravenweek-span te haal.

Puntemasjien is ’n maklik leesbare jeugroman, wat ook op ’n manier as ontwikkelingsliteratuur beskou kan word. Dít kom duidelik uit by ’n vriendin wat seksuele gunsies van die hoofkarakter vereis . . . én hom dan daarna verwerp.

Lewenslesse is daar volop. Sommer al met die lees van die eerste sinne in die eerste hoofstuk onthou Clint waardevolle raad wat sy pa altyd vir hom gegee het, naamlik om altyd sy kop omhoog te hou om sodoende mense in die oë te kyk.

Struikelblokke verskyn een ná die ander in sy pad: Sy beste vriendin, Yolandi, word so erg aangerand dat sy gehospitaliseer word. Daar is ’n uitval met sy pa, en dan, óp die vooraand van die Boland-proewe, gebeur daar iets tragies met sy pa.

Meyer slaag uitstekend daarin om die leser van bladsy een af te boei. Hy dwing as’t ware elke jong leser om saam met hom afloerder in verskeie van die jong held se vriende se huise te gaan speel. Boonop het die skrywer die vermoë om die oorgange van hoofstuk na hoofstuk feitlik soomloos te laat gebeur.

Hoewel dié jeugroman oor rugby handel, verval dit nie in ’n klomp tegniese rugbyterme nie en blyk dit dalk ’n boek te wees wat jongmense weer aan die lees kan kry.

Willem Fransman jr. is ’n vryskutresensent en skrywer.

Meer oor:  Resensies  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.