Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Boek oor koronavirus verskyn soos blits
Die omslag van Lockdown – The Corona Chronicals

Vinniger as wat kerkgangers op ’n byeenkoms met die koronavirus aangesteek kan word, so vinnig is ’n boek oor die virus uitgegee.

In net sewe dae is 17 skrywers versoek om hul gewaarwordinge en ervarings van die Covid-19-pandemie te beskryf, is die boek saamgestel, geredigeer en digitaal uitgegee.

Helené Prinsloo, reklamekoördineerder van NB-uitgewers, sê die idee het as ’n grap begin. Een van die skrywers op die samesteller, Melinda Ferguson, se WhatsApp-groep het gesê “ons behoort eendag ’n boek oor die gebeure te skryf”. Dit was die sneller en siedaar, Lockdown – The Corona Chronicals, verskyn in “heel waarskynlik ’n wêreldrekordtyd”.

Prinsloo sê Lockdown is geensins swartgallig en vol vrees nie. “Dit verwoord die geskiedkundige tyd van paniek, pandemie en pandemonium met styl en flair. Dit is snaaks, insiggewend en bied ’n blik op die gemoedstoestand van skrywers onder “huisarres” terwyl hulle sin probeer maak van ons nuwe normaal.”

Melinda Ferguson

Die skrywers is Pumla Dineo Gqola, Eva Mazza, Lindiwe Hani, Ben Trovato, Sara-Jayne Makwala King, Helena Kriel, Tracy Going, Kelly-Eve Koopman, Ismail Lagardien, Steven Boykey Sidley, Sam Cowen, Gabi Lowe, Letshego Zulu, Christy Chilimigras, Dave Muller, Robert Hamblin en Melinda Ferguson.

Trovato beskryf in sy kenmerkende donker humoristiese styl in “Countdown to Lockdown” die angsbevange paniekkopers, nuuskierige buurtwaggroepe, die reëls en die virus self.

Die joernalis Ismail Lagardien probeer ’n skielike oorvloed aan realiteit baasraak: vryheid, leegheid, verwaarlosing wat met mekaar meeding om sy “lewe minder betekenis te gee en minder hanteerbaar te maak”.

“Takes the Cake” is die titel van Dave Muller se bydrae oor die eerste koek wat hy in sy 70 jaar bak, terwyl sy buurman, ’n dokter, probeer om ’n ventilator uit ou skubaduiktoerusting te bou.

Ferguson is eerste aan die woord en lui die boek in met “Darling you have to buy some suicide pills. Not toilet paper.” Sy beskryf die donker, komiese gemors waarin sy haar bevind terwyl sy toesien hoe haar suksesvolle en energieke wêreld in inperking verdwyn. Maar dan ontdek sy ’n wêreldmaraton narkotika-anoniem aanlyn vergadering.

Om meer uit te vind, besoek die volgende webwerwe:  

https://www.youtube.com/watch?v=urYS6sotn38

 

https://www.nb.co.za/en/view-book/?id=9781928421221


Die boek kos R99 en is net aanlyn beskikbaar.

Meer oor:  Boek  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.