Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Boek van fliek is taamlik futloos

Fiksie

Vergeet my nie

François Bloemhof

QUEILLERIE, R240

Tot hoe ’n mate kan ’n skrywer vir ’n storie aanspreeklik gehou word indien dit op ’n rolprent-draaiboek gegrond is?

Gelukkig los François Bloemhof sommer met die intrapslag dié probleem op. In die voorwoord verklaar hy:

“Omdat boeke en flieks se benadering so kwaai verskil, het ek groot vryheid gehad om dinge by te voeg, uit te haal en rond te skuif. Terwyl ’n regisseur ’n draaiboek op visuele wyse gestalte gee, kon ek weer alles ‘innerlik herverbeel’, veral ten opsigte van die hoofkarakter se gedagtes en gevoelens.”

Die storie:

Mardaleen Derks is ’n student op Potchefstroom. Haar kêrel verkul haar en sy sê hom dramaties af. Sy loop haar toevallig vas in die aantreklike Hugo. Dit lyk eers asof daar niks van die ontmoeting gaan kom nie, maar Mardaleen en haar beste vriendin gaan vir ’n ruk Londen toe.

Dit is veral ’n teleurstelling as ’n mens dink wat Bloemhof al met soortgelyke boeke verrig het.

Daar loop sy haar vas in die einste Hugo; sy deel selfs ’n huis met hom. ’n Romanse ontwikkel. Intussen moet sy ’n stuitige, kuggende tante oppas. Maar met liefdesverhale is daar altyd ’n kinkel of twee: Mardaleen moet, soos later weer, kies tussen Hugo en haar loopbaan.

Dis min of meer dit.

Dis veral wanneer ’n mens die boek beoordeel vir wat dit kón wees, dat die wiele vir my afval. Vergeet my nie is in die eerste plek redelik futloos. Daar is nie veel sprankel nie, nie veel om oor opgewonde te raak nie. Dit is veral ’n teleurstelling as ’n mens dink wat Bloemhof al met soortgelyke boeke verrig het.

Die verhaal speel hom in die 1990’s af en die skrywer word uitgedaag om dié tydvak te herskep. Sy pogings is grootliks beperk tot nuusbrokkies en stukkies musieklirieke uit dié tyd. Die “gees” van die negentigs ontwyk hom.

Die karakters is geloofwaardig genoeg en ’n mens hou van hulle, maar dis asof die intrige hulle nie uitdaag om méér as boekkarakters te wees nie.

J.B. Roux is ’n vryskutresensent van Riebeek-Wes.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.