Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Boek vir nadink, herbesoek

Fiksie

Die dekonstruksie van Retta Blom

Zelda Bezuidenhout

KWELA, R270

Kom ons val sommer met die deur in die huis. Zelda Bezuidenhout se roman Die dekonstruksie van Retta Blom het ’n vinnige pas en is goed geskryf. Marita van der Vyver, die koningin van hierdie soort verhaal, prys dit aan as “lekker sappige goedvoel-storie, met heelwat onder die oppervlak”.

Ene Lauretta Blom, ’n oënskynlik minsame huisvrou en eggenoot van Tobias Blom, ’n ryk sakeman wat pendel tussen Johannesburg en Kaapstad, is ’n soort moderne Emma Bovary. Sy is ’n beheermaniak en voel vasgevang in haar huis in ’n veiligheidslandgoed in Johannesburg en ly aan ’n leënes-sindroom al besoek een seun haar en Skype sy met ’n ander. 26 jaar al vasgevang in ’n roetine van Mevrou-wees. ’n Foonoproep van ene Kob(r)a is die motoriese moment. Alles verander dramaties in haar Visi-bestaan. Sy het immers gesien hoe ’n tassie ingepak word . . .

En ontspan: Ek verklap nie die verhaal nie. Daar is altyd ’n liefdesdriehoek in hierdie soort prosa, maar hier gelaai met siekte, dood en selfdood wat dit iets meer maak as bloot populisties.

Sy rig haar lewe volgens Spreuke en sy weet wie Marilyn French is. En daar is verwysings na Cheating Husbands and the Women who Love Them.

Die boek is vaartbelyn geskryf met sekstonele wat eg aandoen.

’n Roadtrip Kaap toe (met eggo’s uit Thelma & Louise) met Leigh, ’n kunstenaarsvriendin en die hond, Charlie, gee aan haar agentskap. Naby Bethulie word Lauretta dan Retta wanneer sy Adam ontmoet.

Die boek is vaartbelyn geskryf met sekstonele wat eg aandoen. Lauretta bely haar frigiditeit op ’n plek en luister na raad. Diëte, Skype, SMS’e, WhatsApps, realiteits-TV, The Road Less Travelled, You’ve Got Mail (en natuurlik: Lucy Jordan!) met musiek vertel die verhaal van transformasie. Geen wonder Retta voel soos ’n toeskouer in haar eie lewe nie met ’n jong kind wat tekenmannetjies in ’n boekie het. Is sy nie ook maar net ’n tekenprent nie?

Die rol van die trofee-vrou of vrou-as-ekstensie van die manlike orde kom hier aan bod. En hoe sy dan wegbreek en haar ware self vind. Selfdood en moord van die nuwe man se vorige geliefde bevestig ’n somberder lewe onder die oënskynlike idilliese bestaan. Twee verhale en lewens word verweef met ’n onverwagse wending in die verhaal. En hierdie soort fiksie verraai altoos wat in die vroulike onbewuste geberg word.

Daar is humor (’n man is ’n los wors) en daar word verwys na ’n intellektuele orgasme! Clichés word afgestof en seksbeskrywings is realisties en eg. ’n Kwirkie-boek vir nadink en weer besoek.

Joan Hambidge beklee die Hofmeyr-leerstoel aan die Universiteit van Kaapstad.

Meer oor:  Joan Hambidge  |  Resensies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.