Kinderfiksie (6-9)
Die dag toe die draak kom
Fanie Viljoen
HUMAN & ROUSSEAU, R110
Hierdie boek takel die uiters belangrike kwessie van kindermolestering.
Dié aangrypende verhaal dien om kinders in te lig en te bemagtig.
Deur middel van ’n karakter en storie waarmee kinders kan identifiseer, word die gevaartekens van molestering uitgewys en riglyne gebied oor hoe om in so ’n situasie op te tree.
Agter in die boek verskyn handige riglyne vir kinders, ouers en versorgers: Hoe herken jy ’n draak? Wat is veilige vat en onveilige vat?
’n Boek vir die tyd waarin ons leef . . .