Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
KYK WEER! Daniel Strauss praat oor sy boek, 'Dink soos ’n miljardêr'

Droom jy daarvan om ’n entrepreneur te wees of jy is dalk reeds een? Wil jy jou eie onderneming besit en jou eie baas wees? Dink jy niks daarvan is moontlik nie? Dalk moet jy jou ingesteldheid verander.

Daniel Strauss is sy eie baas, maar dit was nie altyd die geval nie. Tydens sy grootwordjare was hy oortuig dat die rykes slimmer is of oor vaardighede of kennis beskik wat gewone mense nie kan bekom nie.

Maar op ’n dag het ’n toevallige ontmoeting met ’n miljardêr-entrepreneur hom laat besef “die rykes” is eintlik ook “normale mense”. Die verskil is dat die geldloses wat skatryk word, weet hoe om bó die lyn te dink. Hulle het die ingesteldheid van ’n miljardêr.

In Dink soos ’n miljardêr verduidelik Daniel wat dit beteken om hierdie lewensveranderende ingesteldheid te ontwikkel. Hy deel sy geheime tot sukses, soos hoe om toegang tot kapitaal te verkry, die regte mense te vind om jou te help om jou doelwitte te bereik en hoe om jou gedagtes van selfopgelegde beperkings te bevry.

Daniel Strauss is ’n Suid-Afrikaanse entrepreneur en waagkapitalis. Hy is die Strauss in die beleggingsonderneming Stocks & Strauss. Hy het ’n BIng (bedryfsingenieurswese) en MBA aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Hy en sy vrou, Rolene (voormalige Mej. Wêreld), het twee kinders en woon in die Kaapse wynlande. Dink soos ’n miljardêr is Daniel se eerste boek.


KYK OOK VORIGE BOEKBEKENDSTELLINGS HIER OP NETWERK24

Akteur Reynardt Hugo praat oor stryd met drank, dagga, vroue in sy debuutboek

Die nuwe Tesourus van Afrikaans word bekend gestel

Deon Meyer stel roman bekend - en hy sing selfs!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.