Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Boeke vir die kinders se Kerskous

Hoe, hoe maak die seisoen?

Kwaai Uil en sy boom

Kwaai Uil en sy boom

Kerryn Ponter

STRUIK KINDERS, R70

Kinderfiksie (2-5)

Een oggend word ons gunsteling-uil wakker en sien dat die pragtige groen blare aan sy boom aan die verkleur is.

Hy het besef dit beteken herfs het aangebreek en hy was hartseer. Maar geleidelik het hy agtergekom dat die ander voëls in die droë blare baljaar.

Met elke seisoen wat verbygegaan het, het hy agter­gekom sy boom verander. Nie alleen het hy dit begin aanvaar nie, maar ook die waarde van die veranderinge verstaan.

Kwaai Uil en sy boom stel die wisseling van seisoene vir jong kinders op ’n aanskoulike manier voor.


’n Fantasiewêreld in gevaar

Die eindelose storie

Die eindelose storie

Michael Ende

Vertaal deur Gunther Pakendorf

PROTEA, R285

Tienerfiksie (12+)

Bastian Balthasar Bux ontdek in ’n boekwinkel ’n geheimsinnige boek: Die eindelose storie.

Opgewonde neem hy dit saam en word ingetrek in die wilde avonture van die held Atréju en sy gevaarlike opdrag: om die ryk van Fantasieë en sy heerser, die kinderlike keiserin, te red.

Wanneer Bastian besef dat hierdie fantasiewêreld in groot gevaar verkeer, ontdek hy dat hy die aangewese persoon is om dit te red. Kan Bastian die grens tussen realiteit en sy verbeelding oorkom om Fantasieë te red?

En hoe verlaat mens ’n ryk wat geen grense het nie?


Wanneer jy ’n Ryk moet red

Redder van die Ryk

Redder van die Ryk

Nick Ostler & Mark Huckerby

Vertaal deur Kobus Geldenhuys

PROTEA, R200

Jeugfiksie (8-12)

Sê nou oeroue mites is glad nie mites nie, en daar bestaan regtig iets soos monsters en towerkuns?

Alfie is die troonopvolger, maar op 14 sukkel hy nog om skool te oorleef.

Terwyl ’n oeroue vyand probeer om Brittanje in sy bose mag te kry, besef hy dit gaan baie meer verg as wat hy ooit gedink het om koning te word: Alfie moet ook die Redder word: Die Redder van die Ryk.

Huckerby en Ostler skryf TV-reekse en boeke, en het al Emmys gewen vir hulle werk, en is al benoem vir Baftas.


Skatkis van tydlose verhale

Die mooiste stories uit ’n Duisend en een nagte

Die mooiste stories uit ’n Duisend en een nagte

HUMAN & ROUSSEAU, R200

Kinder- En Jeugfiksie (0-6)

Hierdie wonderlike boek, wat 12 stories bevat met pragtige illustrasies en onvergeetlike karakters, stel kinders bekend aan ’n skatkis van tydlose verhale.

Die stories is “Die storie van Sjahrazad”, “Die visserman en die djin”, “Die donkie en die os”, “Prins Kamar Al-Zaman en die prinses van China”, “Ali Baba en die veertig rowers”, “Aladdin en die towerlamp”, “Die avonture van Sindbad die seeman”, “Die geleerde prins en die towenaarprinses”, “Die haan en die jakkals”, “Prins Zayn en die koning van die djins”, “Badr en Giauhare” en “Die towerperd”.

Perfek om saans voor slaaptyd voor te lees.


Stories vir lekker ril en gril

Die Groot boek van spoke en grille

Die groot boek van spoke en grille

Fanie Viljoen

LAPA, R240

Tienerfiksie (13+)

Is jy dapper genoeg om hierdie boek oop te maak?

Woon daar werklik ’n mensvreter in die moeras soos party mense sê?

Wat sal gebeur as ’n vampier en ’n zombie een nag kennis maak?

Dit is groot. Dis gruwelik. Dit gaan jou hoendervel gee. Dit is die lekkerste versameling grilstories wat jy nog ooit gelees het.

Hierdie reuserilboek deur die gewilde Fanie Viljoen bevat 30 spokerige, grillerige en grieselige stories wat jou ure lank sal laat ril en gril.

Meer oor:  Kinderboeke  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.