Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Boekevat: Hoe om 'n goeie boek uitmuntend te maak
UJ

Uitgewers is soms vir my ’n vreemde spesie.

Die laaste maand of wat lees ek ’n gros romans vanuit verskillende stalle en die ervaring kan nie meer uiteenlopend wees nie.

Die debutant, sou ’n mens verwag, sal heelwat meer aandag geniet in die afronding van die finale produk as die deurwinterde skrywer.

Laasgenoemde het al van sy of haar hebbelikhede afgesien (“kill your darlings”) en die storie en die verloop daarvan geniet die fokus.

Maar die debutant moet dikwels aan die hand geneem word . . . deur sowel die uitgewer as resensent.

Wanneer die leser by die derde, vierde spelfout in ’n roman van ’n belowende debutant kom, moet die uitgewer en dié se teksredakteur voor stok gekry word. En die skrywer kan gerus maar ’n speelding of wat gooi . . .

Herhaling van dieselfde sêding tussen verskillende karakters – oor en oor – en ’n té formele register wanneer karakters praat wat gewoon nie by die pas afgelope aksietoneel pas nie?

Of wat van die milieu, die omgewing, wat andersins perfek geteken word, maar wanneer dit saak maak word dit nie deur ’n hand wat al deur die meule is saamgetrek tot ’n eenheid nie?

En dan is daar die sogenaamde leading, die set van die teks op ’n blad wat die leeservaring vergemaklik of bemoeilik – waar is die asem in die wit spasies van die bladsy?

Vir sommige uitgewers blyk dit is hierdie vrae gewoon net irrelevant, ’n beuselagtigheid vir “die boek” wat reeds op die rakke is en wat gloeiende resensies ontvang . . .

Soos op Prinse, soos die goeie Boek sê, dink ek lesers moenie sommer goedsmoeds op resensente vertrou nie.

Soos op Prinse, soos die goeie Boek sê, dink ek lesers moenie sommer goedsmoeds op resensente vertrou nie.

’n Resensie is afterall maar net ’n eerste, hoogs subjektiewe indruk van brood wat op die water gewerp is. Kom ons vryf mekaar se rûe blink – ’n maatjie vir ’n praatjie?

Soos die uitgewer wat sy plig versuim om die skrywer nie behoorlike leiding te gee nie, is die resensent wat hom of haar nie sover kan kry om behoorlike, opbouende kritiek te lewer nie, aandadig.

“Die boek” word geen guns bewys nie, nog minder die skrywer – sprake van groei is daar nie want als is mos reeds perfek gedoen?

Dié toedrag van sake laat my dink aan die Michelin-ster-sjef by ’n toprestaurant. Hy’t ’n besonderse dis ingedagte – iets dalk soos ’n klein skaapskenkel in ’n gereduseerde rooiwynsous met wasabi-kapokaartappels lig bedien aan die kant.

Ingevoerde bestanddele vanuit eksotiese plekke en nét die beste wyn.

En wie kry hy om die dis na die belangrikste mens in die restaurant te neem? Kry hy kelners wat nie weet of Pinotage rooi- of witwyn is nie?

Al daardie moeite en geld en oor die finale hekkie – die kontak met die kliënt (die leser) – word daar gestruikel.

En wee die skrywer wat sy rewolwers pistole noem, of andersom.

Maak enige van dié dinge hoegenaamd saak? Gaan die gewone leser, wat nie noodwendig ’n stip-leser is nie, gepla word deur dinge wat nie die storie in sy geheel belemmer nie?

Indien jy ’n goeie boek uitmuntend wil maak, maak al hierdie dinge saak.

  • Jo Prins is ’n boekeredakteur en vryskutjoernalis van Johannesburg.
Meer oor:  Jo Prins  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.