Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Boekevat: Identiteit voorop by ons grootste skrywers
Prof. Hennie van Coller

Letterkundige werke is dikwels, naas sensitiewe registrasie of weerspieëling van die tydsgees, selfs vorming daarvan. Elsa Joubert se Die swerfjare van Poppie Nongena het baie stoere nasionaliste eers finaal oortuig van die euwels van apartheid.

Afrikaanse prosawerke van die laaste paar jaar is van die allerbeste nog. Boonop is die werke verteenwoordigend van ons heel bekendste en gekanoniseerde skrywers; prosadebutante weer sorg vir ’n nuwe toon en aanslag.

Die Afrikaanse prosa was lank geobsedeer met die persoonlike (én groeps-) geskiedenis, wat óf parodiërend óf nostalgies bekyk is.

Hoewel die geskiedenis steeds ’n rol speel, gaan dit nou veral oor die individu se eie plek daarin. Die soeke na individuele óf groepsidentiteit is duidelik die oorkoepelende tema van die resente Afrikaanse prosa wat dikwels ontledend en introspektief is.

Die soeke na individuele óf groepsidentiteit is duidelik die oorkoepelende tema van die resente Afrikaanse prosa wat dikwels ontledend en introspektief is.

“Vertel” staan voorop en baie werke het ’n bekentenisagtige inslag en toon daarom ooreenkomste met die outobiografie.

Identiteit impliseer ’n bepaalde harmonie of eenheid, soos dié tussen die “ego” en die “id” (Freud) of “bewuste” en “onbewuste” (Jung). Willie Burger verbind identiteit met herinnering en verwys na die onvermoë van mense om weens breinskade stories te kan vertel en hul gevolglike verlies aan identiteit.

Dit skakel weer met navorsing oor trauma, waarin bevind is dat ook mense wat erge trauma ervaar het, nie in staat is om ’n samehangende storie van hulself te vertel nie.

Kollektiewe identiteit veronderstel identifikasie met ’n gemeenskap of volk.

Vir verskeie van die skrywers skep identifikasie met “Afrikaner-identiteit” onoorkomelike probleme en dit word op verskillende wyses ondermyn, soos veral die aantasting van (die standaardvariëteit van) Afrikaans.

Identiteit staan voorop in die werke van ons grootste skrywers.

Identiteit staan voorop in die werke van ons grootste skrywers.

Uit Karel Schoeman se Skepelinge blyk dit dat Afrikaans vir hom bloot “toevallig” die taal geword het waarmee hy met die werklikheid omgaan.

Elsa Joubert se – dikwels uiters kritiese – weergawe van die verlede en die rol van Afrikanernasionalisme daarin, is nie sonder nostalgiese reste nie, en toon dat die rol van Afrikaans in haar lewe en werk sentraal staan.

Die talle metafore in Joubert se werk suggereer dat mense se identiteit onlosmaaklik gekoppel is aan ’n persoonlike verlede én toekoms, want sy sien haar kinders (én [agter-]kleinkinders) as ’n vorm van kontinuïteit wat verlede en hede met mekaar skakel.

Anders as Joubert, ag Schoeman homself as buitestander; iemand wat misplaas en totaal ontheem is, iemand wat nie meer hoort by Nederland nie, maar ook nooit enige binding met Suid-Afrika ontwikkel het nie.

Uit hierdie werk van Schoeman blyk ’n onvergenoegdheid en bitterheid oor die eie bestaan én ’n ontkenning van enige vorm van kulturele groepsidentiteit (behalwe dan onuitgesproke identifikasie met dié wat humane waardes voorstaan). ’n Mens sou byna kon praat van ’n “identiteitlose” persoon.

Die onvermoë om ’n eie identiteit te konstrueer skep (psigiese) probleme; selfs trauma en die afloop daarvan is dikwels tragies.

  • Prof. H.P. van Coller is ’n navorsingsgenoot aan die Universiteit van die Vrystaat.
Meer oor:  Hennie Van Coller
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.