Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Boekevat: Is hierdie proses verskuilde selfpublikasie?

Dis asof daar vanjaar ’n diarree van digkuns is . . .

So sê ’n digtervriend van my in Melville, Johannesburg, so terloops terwyl hy aan ’n post-lockdown-bier teug.

Benewens die groot name wat by gevestigde uitgewers uitgegee het, is dit asof elke ou en sy hond deesdae dig.

Die demokratisering van die digkuns is natuurlik, aan die een kant, ’n fantastiese ding . . . dat taal die hogere poëte en die gewone sterflinge nader aan mekaar bring.

Kyk ’n mens vinnig na wat tot dusver vanjaar verskyn het, en dit net sommerso op die een hand, het daar reeds merkwaardige, verruimende bundels die lig gesien.

Lynthia Julius se “prontheid van segging wat jou laat regop sit” (soos die literator Louise Viljoen daarna verwys het) met haar Uit die kroes, is een so ’n bundel; nog ’n bundel deur Eunice Basson (By die dag) was goeie nuus; en dan is daar nog bundels deur Johann Lodewyk Marais, Louis Esterhuizen en Johann de Lange om na uit te sien.

Waar die versorging van dié bundels dikwels uitstaande is, en die proses om uiteindelik by publikasie uit te kom deur onder meer ’n teksredakteur en deur beproefde stelsels gegaan het, geld dié stand van sake nie vir elke uitgewershuis nie.

Die proses verloop gewoonlik soos volg:

Jy stuur jou manuskrip na ’n uitgewer vir oorweging. Die uitgewer besluit ja, of nee. Indien positief, word jou werk aan ’n buitekeurder voorgelê (en dalk ’n tweede ene) wat ’n verdere groen lig gee (of nie) en aandui wat die digter moet doen om die teks te verbeter.

Om uiteindelik by publikasie uit te kom, is dus geen vinnige Gautrein nie . . . dis ’n melktrein deur die Karoo.

Nou, van wat ek verstaan, gebeur die volgende by minstens een uitgewer:

Die uitgewer sê vir die voornemende digter:

Stuur jou manuskrip vir (gerekende) digter X. Indien dit goed genoeg is vir hom, is dit goed genoeg vir ons.

Daar is geen gesprek tussen die uitgewer en die “keurder” nie, geen sprake van ’n kontrak nie.

Die gesprek is gewoon tussen die voornemende digter en die gevestigde ene.

Die uitgewer se inset in die ontwikkeling van die manuskrip en die “keurder” wat nie ’n sent vir dienste gelewer ontvang nie, maak dit . . . ’n interessante proses.

Is hierdie proses verskuilde selfpublikasie?

Meer oor:  Jo Prins  |  Digkuns  |  Digter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.