Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Boekevat: Lapa spring op wa, laat waai met warrelwind
Marida Fitzpatrick

Hierdie is ’n pluimpie.

Onbeskaamd só vir een van die raserigste en lieflikste mense wat ek al ontmoet het.

Kom ek begin dalk met ’n staaltjie:

Sowat tien jaar gelede sit ek in die nuusredakteurstoel by Beeld en stoei met die daaglikse nuuslys. Net voor die oggend se nuuskonferensie is dinge nogal druk om al jou gedagtes te orden om ’n behoorlike pakket nuus aan almal te verkoop.

En wie kom staan reg voor my kantoor se oop deur en praat só hard op haar selfoon dat jy sweer sy’t werklik nie die foon nodig om met die persoon aan die anderkant te kommunikeer nie?

Ek vererg my op die plek en skreeu: “Marida, f***f!”

Ek praat hier natuurlik van daai onuitputlike bron van energie Marida Fitzpatrick, wat in haar lewe nooit iemand sal kan bekruip nie.

En wat maak Marida?

Toe laat hulle vir Marida los op die ding . . .

Sy wip haar net daar, klik haar tong, en stap verder en praat . . . hande in die lug aan’t beduie. Hoegenaamd glad nie van stryk nie.

So, wat maak jy as jy ’n uitgewer soos Lapa is wat skielik besef elke ander uitgewer en sy hond maak deesdae sakke vol geld met ’n sterk aktuele niefiksie-aanbod?

Jy spring pens en pootjies op die wa en jy kry hierdie vrou, Marida Fitzpatrick, om nuwe lewe te blaas in ’n niefiksie-afdeling wat by hulle tot taamlik onlangs toe net op kook- en handwerkboeke gefokus het.

Kort ná hierdie besielde aanstelling by Lapa begin verlede jaar kom die nuus in boekkringe op die lappe dat daar nie minder nie as drie titels in die vooruitsig is by net soveel uitgewers oor die nou reeds bekende Steinhoff-sage.

En soos dit maar gaan met dié dinge, is dit dikwels belangrik om eerste te wees.

Boeke wat later verskyn, mag dalk vollediger wees, maar die uitgewer eerste uit die blokke uit gaan dié blow by blow-storie (soos dit toe nog besig was om in die dagblaaie en aanlyn uit te speel) heerlik kan verpak in ’n leesbare storie ter opsomming. Met genoeg agtergrond om gewone lesers meer op die hoogte te bring van presies wie die rolspelers is.

Toe laat hulle vir Marida los op die ding . . .

Die arme James-Brent Styan, skrywer van die nou reeds bekende Steinhoff en die Stellenbosse boys (die Afrikaanse titel), het seker nie geweet wat hom tref nie.

Marida het vir Styan laat skryf dat die rook draai en toe kry sy die dream team in die vorm van Albert Weideman en Willem Kempen om met valkoë deur die teks te werk en te skaaf waar nodig is.

Skielik draf Lapa aan die niefiksie-front saam met uitgewers soos Jonathan Ball.

Nou, enigiemand wat vir Weideman en Kempen ken, sal weet onder ’n hoë bal kan jy nie vir beter oë en hande vra nie.

En dit was nie die einde van dié troika nie . . . ander boeke (soos onder meer The Bosasa Billions) sou volg.

Skielik draf Lapa aan die niefiksie-front saam met uitgewers soos Jonathan Ball (dink maar aan Blessed by Bosasa deur Adriaan Basson en The Stellenbosch Mafia deur Pieter du Toit), en NB Uitgewers (met Gaan Suid-Afrika oukei wees? deur Jan-Jan Joubert heel onlangs op die rak).

En dit is het einde niet wat betref soepel denke by Lapa Uitgewers.

Vroeër vanjaar stel hulle die nuwe druknaam Wenkbrou bekend met aan die stuur van sake Johan Jack Smith, redakteur van Taalgenoot. Hoewel Wenkbrou tot dusver gemengde sukses behaal, is Réney Warrington se Smit Motors ’n besliste hoogtepunt.

Dit als gesê: Ek hoop Lapa kan byhou by Marida . . . en dat sy haar eie kantoor het.

  • Jo Prins is ’n vryskutjoernalis en redakteur van Boeke24.
Meer oor:  Lapa  |  Marida Fitzpatrick  |  Boeke  |  Skrywers  |  Uitgewers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.