Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Boekevat: My naam is Ilza en ek het ’n boekverslawing
Ilza Roggeband Foto: Anet Pienaar-Vosloo

My pa was ’n leser.

Vandat ek kan onthou, was daar altyd ’n boek naby, en op die boekrakke in ons huis was daar heelwat boeke waarin daar voorin geskryf was: “Geluk met jou verjaardag, Willie.” Sy vriende het dus geweet wat ’n goeie geskenk is.

My pa het ook vir ons drie susters boeke gekoop. Een van my waardevolste besittings is Stories van Ruyswyck deur Alba Bouwer. Die stofomslag is lankal weg en die blaaie is die kleur van tee met te veel melk in.

Dit was die derde druk van 1965 en voorin staan geskryf: Roggeband dogters, Desember 1967.

Ek was dus vyf en sou nog nie ’n boek soos die kon lees nie, maar dit bring herinneringe terug van my pa wat elke Desember voor ons met vakansie gegaan het, vir ons elkeen ’n boek gekoop het.

Jare later, toe ek by Sarie gewerk het, was daar ’n geselligheid waar Bouwer een van die gaste was.

Maar waaroor ek nou wonder, is waar my pa die boeke gekoop het. Hoekom kan ek nie ’n boekwinkel as kind onthou nie?

Ek het my Stories van Ruyswyck saamgeneem en voorin staan nou “Alba Bouwer 8.11.1995” in blou pen geskryf.

Maar waaroor ek nou wonder, is waar my pa die boeke gekoop het. Hoekom kan ek nie ’n boekwinkel as kind onthou nie?

Daar was Arthur Bales vir wol en lap, oom Swannie se slaghuis en Linden Apteek vir pille en parfuum, maar waar is boeke gekoop?

Ek het ’n vae herinnering van ’n winkel in Braamfontein vir Bybels en Psalm-en-gesangboeke, maar ek kan om die dood toe nie ’n boekwinkel soos ek dit vandag ken onthou nie.

Wikipedia sê vir my dat Pam en Pauline Joseph in 1951 ’n klein tweedehandse boekwinkel in Johannesburg gekoop en dit Exclusive Books genoem het.

In 1954 het Philip Joseph, Pau­line se seun en Pam se man, ’n tweede winkel in Hillbrow oopgemaak. Later sou hul winkel in Hyde Park die grootste boekwinkel in Suider-Afrika word. Sou hierdie winkels Bouwer se boeke verkoop het? Wie weet.

My grootste boekebron as kind was Randburg se munisipale biblioteek. Een keer elke twee weke het my ma ons in die Peugeot geneem.

Een van die boeke, het sy aangedring, moet Engels wees. So het die wêreld van Saartjie, Trompie en die meisies van Maasdorp vir my oopgegaan en het my Engelse woordeskat gegroei.

Ek het vir jare reeds nie meer ’n biblioteekkaart nie. Ek is, soos my pa, ’n boekkoper. In Melkbosstrand waar ek woon, is ons bederf met Books Books Books, Ben en Liza Meyer se onafhanklike boekwinkel. Die groot bonus is dat al twee lesers is. Daar is nie sommer iets wat hulle nie van boeke weet nie en Liza lees minstens ’n boek ’n week, Afrikaans en Engels. Tussen die twee van hulle is hulle ’n wandelende Dewey-stelsel.

Soos die meeste boekkopers het ek ’n probleem. ’n Verslawing. Maak nie saak hoeveel ongeleeste boeke daar in my huis is nie, ek kan die versoeking om ’n nuwe boek te koop, nie weerstaan nie.

Dankie, Pa.

Dis ’n goeie verslawing om te hê.

  • Ilza Roggeband is ’n vryskutjoernalis van Melkbosstrand.
Meer oor:  Ilza Roggeband  |  Boekevat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.