Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Boekevat: Redes vir die taal waarin skrywers skryf
Van links is Suzaan Keyter (kykNET), Charl-Pierre Naudé, oudregter Andries Buys, Jeremy Vearey, Waldimar Pelser (Rapport) en Chase Rhys. Foto: Marzahn Botha

Pas het ek ’n leersame verblyfbeurs vir skrywers en akademici voltooi. Genote ontmoet eweknieë wat van jou verskil in uitkyk of idees. Daar was twee Afrikaanssprekendes, albei wit, onder die internasionale 14. Dit het soms gebeur dat ons twee onderling na Afrikaans oorslaan.

Soos aan die begin vra ek by die laaste byeenkoms vir ’n swart Zimbabwiese skryfster of dit steeds goed is so, want daar is ook ander gesprekke wat ook gelyk gevoer word…

Aan die begin was daar geen klagtes nie. Maar oplaas sê sy dat die Afrikaanspratery soms haar uitgesluit laat voel het.

Hoflikheid is nooit ’n duidelike streep in die sand nie.

“Jy hou nie die magsverhoudinge in die gebruik van taal in gedagte nie,” was haar mening.

Dit gaan oor die politiek wat swyend teenwoordig word in die keuse van taalkommunikasie. En sy is deels reg want pyn en vernedering neem lank om weg te gaan.

Toe ek in Duitsland gewoon het, was Duitse skrywers se hoflikheid teenoor anderstaliges opvallend, pynlik bewus oor hul verlede.

Toe ek in Duitsland gewoon het, was Duitse skrywers se hoflikheid teenoor anderstaliges opvallend, pynlik bewus oor hul verlede.

En tog. Duits het 95 miljoen sprekers, Afrikaans sowat 7 miljoen tot 8 miljoen, waarvan die helfte apartheidslagoffers was.

Duits is werklik magtig. Dieselfde geld Afrikaans nie eens tydens apartheid nie.

As ’n vrou dink haar meisie is ’n oulike kooimeid, maak dit haar onmodern?

Ek het die Zoeloe- en Noord-Ndebele-sprekers (die tale stem 85% ooreen) gevra of hulle die taaldenke van die ikoniese Mazisi Kunene ken. Enkeles het nie geweet wie hy is nie en nie een wat ek gevra het, het sy werk geken nie. Kunene se skrywes betoog dat ’n “ou taal” soos Zoeloe uiters geskakeerd en ontwikkeld is.

Die skryfster verduidelik juis aan my sy skryf in Engels omrede Noord-Ndebele “te oud” is om die moderne lewe te verbeeld.

Ek dink toe aan die “oue” aard van vele Afrikaanse uitdrukkings uit oerdialekte, maar deur sprekers in nuwe situasies vervorm wat dikwels nie kon lees of skryf nie, en dit sluit die wit mense in.

En nuut omdat skrywers en sprekers die taal in sy “oudheid” en “onvanpastheid” modern aangewend het. As ’n vrou dink haar meisie is ’n oulike kooimeid, maak dit haar onmodern?

As ek ’n opponent hokslaan, maak dit van my ’n trekboer?

’n Mens moet die praktiese keuse vir Engels nie afmaak nie, maar waar is dáárdie ander bevrydingsdrang met sy bewese fundamentele effekte, onder skrywers wat nie ophou om in Engels te praat oor hoe onvry hulle steeds bly nie? Mens wonder of daar ’n ander, versweë rede is vir daardie gevoel van uitsluiting?

Daar bestaan darem al ’n Mazisi Kunene-gedenklesing aan die Universiteit van KZN, vir die eerste maal gehou in 2019.

Naudé is ’n skrywer en digter.

Meer oor:  Charl-Pierre Naudé  |  Skrywers  |  Skryf  |  Taal  |  Afrikaans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.