Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
KYK WEER! Zirk van den Berg gesels oor nuwe roman
Zirk van den Berg Foto: Verskaf

Kwela Boeke en Netwerk24 het dié aanlyn gesprek eksklusief vir intekenare aangebied. Dit handel oor Zirk van den Berg se nuwe roman, Een of ander held, wat sy Hochnamib-trilogie tot ’n aangrypende einde voer. Elmari Rautenbach het met hom gesels.

* KLIK HIER OM IN TE TEKEN

Zirk van den Berg is in Namibië gebore, het in Suid-Afrika grootgeword, en woon nou in Nieu-Seeland. Hy debuteer met ’n kortverhaalbundel, Ekstra dun vir meer gevoel, en daarna ’n roman, Wydsbeen. Sedertdien verskyn sy romans in Afrikaans én Engels. Sy roman Ek wens, ek wens is in 2020 met die WA Hofmeyr-prys bekroon, asook kykNET-Rapport-pryse in die fiksie- en film-kategorie.

Meer oor Een of ander held:

“Daar is helde en hélde. Mense met die moed van hulle oortuiging. Mense met twyfel. Dié met gewere, dié met regulasies en dié met ideale.”

Voor ’n groot moordverhoor in November 1905 bestempel ’n Windhoekse koerant die polisieman Siegfried Bock as ’n nuwe soort held. Maar die beskuldigde se advokaat stel Siegfried in ’n heel ander lig en skep agterdog wat sy goeie naam en toekoms bedreig. Boonop is sy voormalige bevelvoerder, oberleutnant Berghammer, en die Nama-kryger Jager Orlam albei daarop uit om Siegfried te laat boet – die een oor sy soldate se dood, die ander oor ’n opstandeling s’n. En dan is daar die burokraat Stauffacher met sy skreiende planne vir Siegfried en die ganse Duits-Suidwes-Afrika.

Die strop trek ál nouer om Siegfried se nek. Hy sien nie uitkomkans nie. Maar daar móét een wees, veral noudat die liefde vir hom wink . . .

Bestel Een of ander held deur Zirk van den Berg by goeie boek- en aanlyn winkels. Dit is ook as e-boek beskikbaar.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.