Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
‘Boekklub’ se Heine neem stories vir kleinspan op
Karli HeineFoto: Verskaf

Lekkerluister-stories om die jongspan in die tyd van inperking besig te hou, is sekerlik nou in aanvraag.

Die Boekklub-aktrise Karli Heine het haar geliefde storieboeke, wat sy as kind gelees het, by haar ma gaan haal en die ou bekende stories verwerk.

Sy het by haar huis agter ’n mikrofoon reggeskuif en met toerusting, wat sy geleen het, die stories opgeneem.

Kinders kan nou gratis op YouTube daarna luister.

Soos baie akteurs en ander uitvoerende kunstenaars is die veelsydige aktrise en stemkunstenaar hard getref deur die Covid-19-pandemie.

Sy was in Maart vanjaar op die Toyota US Woordfees te sien in die produksie Kraai.

Sy het twee vriendinne genader om te help met Sprokies aanlyn. “Luca Hart (musikant en komponis) het die klankbane geskep wat die karakters en die stories werklik lewendig gemaak het en Dominique Kirsten (’n grafiese ontwerper) het die prentjies begin teken om hierdie opnames vas te vang.”

Dit het baie e-posse en boodskappe oor en weer geverg om die hartsprojek te voltooi.

“Ek geniet steeds kinderstories. Ek kry al my lewe lank blootstelling aan goeie stories en kinderteater, so ek bly gestimuleer op daardie vlak. Met die opnames het ek veral gedink aan al die kleintjies in my familie wat daarna gaan luister, maar kon nie help om te dink aan van my vriende wat ook die stories sal geniet nie.”

Heine was die titelkarakter in die kinderproduksie Heidi wat landwyd opgevoer is.

Al beskou sy dit as ’n kreatiewe uitlaatklep tydens die inperking, wil hulle graag aanhou met die sprokies.

“Vir nou is dít waarmee ek myself besig hou in hierdie onseker tyd. Daar lê nog ’n paar ander boeke en kyk vir my, maar vir nou hou ek myself maar meestal besig met leesgoed vir die kleingoed.”

Lesers kan haar later vanjaar in die kinderproduksie Vlooi sien, wat sy 20ste verjaarsdag vier. Sy vertolk die rol van Bibi teenoor Elanza Swart as Vlooi. Dit gaan in die Kunstekaap opgevoer word.

Meer oor:  Youtube  |  Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.