Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Boeksmouse kies hul gunstelinge

Sewe Afrikaanse boeke tel onder die tien topverkoper-fiksieboeke van 2018 wat Dinsdagaand meeding om ’n SA Book Award, wat in drie kategorieë toegeken word.

Sekerlik een van die interessantste take van Rapport se boekeredakteur is om iedere Vrydag die Nielsen-verslae oor boekverkope in Suid-Afrika te bestudeer en te sien watter boeke tot die mark spreek (en watter nie).

Die South African Book Awards, wat volg in die voetspore van die Booksellers Choice Awards van die afgelope 19 jaar, gee erkenning aan Suid-Afrikaans gebore skrywers van topverkoper-fiksie-, -niefiksie- en -kinderboeke wat in 2018 deur ’n Suid-Afrikaanse uitgewer uitgegee is. Die kortlyste is saamgestel uit die tien topverkopers in elke kategorie. ’n Paneel van Suid-Afrikaanse boekhandelaars – onder meer Exclusive Books, Bargain Books, Loot, Takealot, Woolworths, Pick n Pay, Wordsworth, CNA en Reader’s Warehouse – kon tot 26 Julie vir hul gunsteling in elke kategorie stem.

Die kategoriewenners ontvang R5 000 elk en die algehele wenner R20 000.

Die tien Suid-Afrikaanse topverkopers in elke kategorie is:

Volwasse fiksie: Kainsmerk deur Annelie Botes, Selma en Louise deur Susan Coetzer, Kantelpunt deur Sophia Kapp, Prooi deur Deon Meyer, Ys deur Rudie van Rensburg, Sondag deur Irma Venter, Blameer die skoenlapper deur Elsa Winckler, Zulu Wedding deur Dudu Busani-Dube, Captive deur Tony Park* en Bare deur Jackie Phamotse.

Volwasse niefiksie: Vusi deur Vusi Thembekwayo, The Lost Boys of Bird Island deur Mark Minnie en Chris Steyn, Steinheist deur Rob Rose, Steinhoff deur James-Brent Styan, The Land Is Ours deur Tembeka Ngcukaitobi, Manage Your Money Like a F*cking Grownup deur Sam Beckbessinger, Let the Sun­shine in deur Zapiro, Ministry of Crime deur Mandy Wiener, Beloftes vir Ma deur Nina Smit en These Things Really Do Happen to Me deur Khaya Dlanga.

Kinderboeke: Tippie se nuwe maat, Tippie by die dieretuin, Tippie gaan leeupark toe en Tippie gaan lughawe toe deur Jose en Reinette Palmer, Spaghetti tussen jou tone deur Jaco Jacobs en Alex van Houwelingen, Klein Kook & Geniet deur S.J.A. de Villiers en Eunice van der Berg, en 101 dieregrappe, 101 klop-klop-grappe, 101 lawwe grappe en 101 pouse-grappe deur Jaco Jacobs.

  • Alle inligting is verskaf deur Nielsen BookScan SA, ’n afdeling van die maatskappy SAPnet (www.sapnet.co.za).
  • Hoewel Park nie in Suid-Afrika gebore is nie, skryf hy meestal oor die land en Afrika-vasteland én hy bring groot dele van die jaar hier deur.

Sewe Afrikaanse boeke tel onder die tien topverkoper-fiksieboeke van 2018 wat Dinsdagaand meeding om ’n SA Book Award, wat in drie kategorieë toegeken word.

Meer oor:  Gunsteling-Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.