Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Bydraes gryp aan met aardse poësie

Nie-Fiksie

Hartstories van ons land se boere: Om te boer in vandag se Suid-Afrika

Ivor Price en Kobus Louwrens

TAFELBERG, R250

Ek bieg openlik: Toe ek hierdie klein, betreklik dun boekie in die hand hou het ek geen besondere verwagtinge gekoester nie.

Ivor Price en Kobus Louwrens het met ’n verskeidenheid boere gesels. Tiek. Die stories word aangeteken en verwerk en verskyn gebundel in hierdie boek. Tiek. Die diversiteit van stemme en die vaardigheid van die skrywers behoort iewers langs die pad pitkos op te lewer. Tiek.

Toe is dit nie naastenby so eenvoudig nie – en hoe dankbaar is ek nie.

Soos jy lees, word jy daarvan bewus dat daar gewis hier geen enkele verhaal, geen deursnee-hartstorie is nie.

Hartstories bied 29 “hartstories”, ’n stemmingsvolle tweeledige voorwoord deur Koos Janse van Rensburg en Price en ’n kragtige nawoord deur Louw­rens. Vir elk van die boere, en dis ’n diverse groep stemme – jonger en veel ouer boere, wit boere, swart boere, vroueboere, landelike boere en stedelike boere, met die grootte van die plase en die ondernemings wat wissel van klein lappies grond tot massiewe agri-ondernemings – het hul hartstorie dikwels met veel meer as net ’n liefde vir die grond of die beweegrede van voedselverskaffing, voedselsekerheid, werkskepping en basiese oorlewing te doen.

Soos jy lees – en die outentisiteit en rou eerlikheid van die vertellings, tesame met ’n goue draad van diep menslikheid en deernis, vir die land, grond, en mense jou dwing om die woorde stadig-sekuur te weeg, en hulle amper in die mond rond te rol – word jy daarvan bewus dat daar gewis hier geen enkele verhaal, geen deursnee-hartstorie is nie.

Daar is bydraes wat jou aangryp met aardse poësie in die vertelling, terwyl jy andersins keer op keer besef hoe misdaad, onbeholpenheid en kortsigtigheid deur die owerhede, rassespanning en politiek en die druk van die mark dreig om ons land se boere te verswelg.

Maar ’n boer maak ’n plan. Vandag en môre.

Jonathan Amid is ’n vryskuttaalpraktisyn en -resensent van Stellenbosch.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.