Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Chanette Paul en Dina Botha wen Woordveertjies
Dina Botha

Dina Botha is vanjaar die wenner van die ATKV-Woordveertjie vir romanses. Sy ontvang dit vir haar roman Halsoorkop verlief en Chanette Paul is die wenner van die Woordveertjie vir liefdesromans vir haar roman Lira.

Die beoordelaars Carol-Ann Alexander, Naomi Bruwer en Riette Rust het die volgende te sê gehad oor Halsoorkop verlief: “Dit is ’n emosioneel gedrewe storie waarmee die leser kan identifiseer, wat jou nuwe insigte kan bring in jou eie verhoudings en uitdagings. Jy ervaar ’n gevoel van emosionele koestering omdat die held die heldin se diepste behoeftes verstaan. Jy kan eenvoudig nie die boek neersit nie!”

Die beoordelaars in die kategorie vir liefdesroman was Shireen Crotz, Roela Hattingh en Ilse Salzwedel. Hulle sê die volgende oor Lira: “Baie keer is boeke wat deel is van ’n opvolg so half onvolledig om die leser te laat uitsien na die tweede boek of die opvolg. Lira se verhaal word met soveel gevoel en oortuiging vertel dat die leser met ’n sug van tevredenheid die boek neersit; ons wil tog maar almal ’n gelukkige einde hê.

Chanette Paul

“Soos gewoonlik is daar deeglike navorsing gedoen deur die skrywer oor die ruimte of omgewing waar die boek afspeel en jy voel asof jy die omgewing kan sien in jou geestesoog.

Lira voldoen aan elke vereiste van ’n lekkerlees-liefdesroman. Daar is genoeg romantiek, net die regte hoeveelheid ‘uitgestelde begeerte”, ’n goeie skeut spanning, hope humor en interessante, uiteenlopende karakters.” Vanjaar se bekendmaking van die ATKV-Woordveertjies geskied aanlyn weens die Covid-19-pandemie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.