Vir bruin lesers sal baie dinge ‘familiar’ wees in Lynthia Julius se debuutbundel, ‘Uit die kroes’. Maar dié gedigte uit Kimberley, haar grootwordplek, is ‘tóg baie annes as die Cape Flats, wat sootvan ytgesingle wôd asse general yardstick van ie coloured experience’, meen Nathan Trantraal.

Lynthia Julius. Foto: Carolyn Meads
Uit die kroes: Gedigte deur Lynthia Julius. Uitgewer: Kwela. Prys: R220.
Al wat ek ken omtrent Kimberley, is Kimberley-treinstasie. Waa ôs afgeklim et een nag om trains te switch oppe trip regdee die land wat ôs elke jaa gevat et gedurende die December holidays. Daityd wat my pa nog vi Spoornet gewêk et en ek nog klein was. Kimberley is ongoddelik koud innie nag, dai is my volle opinie op Kimberley tot vandag toe: ’n yskoue stasie waa it altyd nag is soes die een helfte vanne Scandinavian jaa.
Lynthia Julius se debut digbundel, Uit die kroes, speel grootliks af in Kimberley. Kimberley, soes alle plekke, lyk annes innie daglig en as jy dee it beweeg met ieman wie die strate ken. Jy sien dat mense maa orals dieselfde is. Daa is baie wat familiar is in Uit die kroes, yt die perspective vanne coloured reader. Mense wat te veel drink en te min bid en vice versa maak baie van die gedigte op. Maa tussenin als is daa ’n gedig soes “White privilege”, waa in die digter beskryf hoe die gedeelte van Kimberley waa sy grootgewôd et tóg baie annes is as die Cape Flats, wat sootvan ytgesingle wôd asse general yardstick van ie coloured experience.
White privilege
Daar’s nie 28s and 26s gangs in my buurt nie
hier loop seuns nie rond met broeke
wat onner hulle se gatte hang
en guns in hulle se rugsakke nie
Die gedig speel oppe belangrike idea. Met “White privilege” maak die digter haaself oep om (unfairly) misinterpreted te wôd. It maak die dee oep vi mense om vi Julius te separate van anne bryn skrywers. Asof jy minner bryn is as jy nie honge ly nie, en assie mense in jou pad nie mekaa skiet ie. Asof ie bryn experience inextricably tied up is in violence.
Uit die kroes open mette antal slawegedigte:
Sara
’n Jong verwesterse Khoi-vrou met die naam Sara wat lank reeds onder die blankes geleef het, [is] opgehang gevind aan die dak van ’n skaapstal. – Karel Schoeman, Kinders van die Kompanjie
daai aand het die maan in die lug
soos ’n skotteltjie waswater gesit
my arms kraal gemaak om dit wat in my baar gegroei het
gedink aan wat nog voorlê
aan die jouself eenkant skuif
vergeet hoekom jou ma jou gekraam het
pram gegee vir oulaas
gevra vir watter god ook al oor is om die kind sterre toe te vat
om die asem soos snot uit die kind te suig
my vingers ’n ribbekas om haar lyf gemaak
haar voel stoei en stoei
en toe stil
die grond in met my hande gaan grou
hout bo-oor brandgemaak soos oor ’n baksel brood
haar gees die nag in gesoen
my liggaam galg toe gevat
sodat die stilte kon kom
sodat ek die stilte kon word
‘Die gedigte oorie vroue in Julius se familie is die beste innie boek.’
Die slavin-narratief in Afrikaans wôd gewoonlik gesteer dee ’n wit man se perspective en net soes Diana Ferrus vroeër gedoen et met Saartjie Baartman se narrative, wôd ie slavin reclaim en humanized vanyt ’n anne perspective. Ek dink die twie eeste gedigte innie boek is razor sharp. Dit bevestig wee die belangrikheid van perspective en ook die dangers en consequences vanne whitewashed geskiedenis.
Die gedigte oorie vroue in Julius se familie is die beste innie boek:
Die vrouens in my familie
Die vrouens in my familie is lief vir mekaar
bel op verjaarsdae
stuur mekaar chain messages oor die Jirre op WhatsApp
kuier mekaar Desember en Eastertye
koop wyn braai saam maak potjiekos
Namastap saam
bid vir mekaar verdedig mekaar
ruil raad oor kinders tande Balsem Kopiva
shampoo coconut oil, koop vir mekaar klere
hulle is bedrywig lief vir mekaar . . .
Daa isse antal gedigte innie bundel wat stamina veloo na die einde toe wat ek dink yt ie bundel gelos moes wees en annes wêk ie omdat it simply prosaic is. Om een gedig yt te single as voobeeld hievan: “Dulcie September” lies meer soese outline vanne gedig. It list Dulcie September se achievements sône om jou nader annie pesoon agte die achievements te bring. It lies vi my baie meer soese spoken word poem wat geskryf is om te perform. It lack body en balance. Die gedigte wat geskryf is vi performance dink ek skeep af tien ie annes. Die gedigte wêk beste wanne it rooted voel inne experience wat nettie digter kan skryf oo, dieselfde mettie language ennie use van it. It is exactly wanne mens voel asof jy van byte binnetoe kyk, in oppe wêreld wat half soes joune lyk maa helfte net annie digter kan behoot wat aan die bundel wêk.
Die gedig “Kleur kom tog alleen” isse gedig wat ie bundel saamvat en wee die emphasis plaas op perspective:
Kleur kom tog alleen
Kleur kom alleen as jy die enigste van jou soort by ’n party is
en een moerskont sê umlungu en die gelag bars los alom.
Hy kom die dag wat Jaco jou los oor sy pa sê hy kry nie die plaas
as hy met die bruinmeid voort nie.
As jou walle die nag in oor Jaco breek,
wat het jy dan?
Jou huile, jou alleen soos gat
(en jou kleur, jy’t altyd nog jou kleur).
Kleuralleen kom met die dosent saam wat vir jou sê
jy moet jou werk na ’n sekere uitgewer stuur,
hulle soek bruin skrywers.
Met die Zulu poeliesman wat in Jozi sê
Madam go home, madam fokkof
toe jy nie sy taal kon praat nie.
Met die boer wat sê julle is hotnos, barbare en armgatte
oor julle nie ’n hek naby sy plaas voor Grootdrink
toegemaak het nie.
Moenie vir my vertel kleur kom nie alleen nie.
Kom-alleen die kom hy
en hy maak van ’n boom ’n vuurhoutjie.
Die Jirre se make kom tot ’n klug
in ’n hart, ’n sinkhuis.
So of jy moer met kleur of nie
kleur die etter kom alleen.
- Nathan Trantraal is ’n digter en rubriekskrywer van Makhanda.