Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Dagga-dampie toe nie dr. Mödler s’n nie
Dr. Heinz Mödler is skrywer van die boek ...en daar was dagga wat pas by Naledi verskyn het

Oepsie!

Amper het ek die skrywer Heinz Mödler in groot poefie laat beland.

My resensie van sy boek . . . En daar was dagga: ’n Biografie (Naledi) het verlede week op hierdie blaaie verskyn en daarin het ek ’n sin aangehaal uit die teks wat ek toegeskryf het aan die skrywer self.

Dit was inderdaad nie die skrywer se eie woorde nie, maar ’n uittreksel uit anekdotes wat hy versamel het in die loop van sy navorsing.

Die nadraai van die verkeerde naam by die verkeerde aanhaling plaas, het gesorg vir komiese en byna tragiese gevolge, want dit het die indruk geskep dat Mödler self lief is vir dagga rook.

Amper het ek die skrywer Heinz Mödler in groot poefie laat beland.

Ek vra vreeslik om verskoning, Heinz!

Goeie hemel, Heinz is ’n mediese dokter en hy het glo nog nooit eens in sy lewe ’n sigaret gerook nie!

So amper was hy in die poefie by die mediese raad!

Aan die komiese kant – en dit het hy my ná die tyd per Whats-App meegedeel – “een van die susters in die hospitaal het gister vir een van my kollegas gesê sy vermoed al lankal ek rook dagga want ek lyk soos ’n surfer (bid jou dit aan) en nou is haar vermoede bevestig”.

Die resensie het lekker waves vir hom gemaak . . .

Nou ja, dit was heeltemal my fout, en ek dink ek is self nog meer verlig as Heinz dat die misverstand uit die weg geruim is.

Terwyl ons toe aan die gesels is, ontdek ek ’n ander flater in dieselfde resensie (maar hierdie ene was nie my fout nie)!

Ek het verkeerdelik ’n kompliment uitgedeel aan ene “Karen Cronje” vir die pragtige kunswerke en illustrasies in die boek.

So vind ek toe uit sy het slegs die uitleg gedoen – baie puik uitleg, mag ek byvoeg – en dat die kunswerke, kan jy dit glo, Heinz se eie werk is!

Hy was te nederig om krediet aan homself te laat gee in die skutbladsye.

Daar vind ek toe uit dat dr. Mödler nie slegs ’n bekende mediese praktisyn is (wat nie dagga rook nie), maar dat hy ook ’n kunstenaar van formaat is.

Daar vind ek toe uit dat dr. Mödler nie slegs ’n bekende mediese praktisyn is (wat nie dagga rook nie), maar dat hy ook ’n kunstenaar van formaat is.

Om die waarheid te sê, ek het ’n voëltjie hoor fluit dat hy by die Woordfees in Stellenbosch volgende jaar sy eie uitstalling gaan aanbied. Praat van veelsydig!

Terwyl ons egter nou op die onderwerp van feitefoute in resensies is . . . ek wil graag uitkom by ’n derde fout wat ek amper gemaak het, maar toe nie.

Heel voor in die boek verskyn daar ’n Engelse aanhaling van die sanger Willie Nelson met ’n gruwelike taalfout in.

Heinz Mödler

So amper-amper het ek in die eerste skryf van my resensie die uitgewer lelik sleg gesê hieroor, want editing-foute is altyd sleg, en ’n editing-fout op so ’n besonder prominente plek is natuurlik onvergeeflik.

Gelukkig het ek eers die aanhaling gegoogle, en so tot my verbasing ontdek: Die taalfout is nie Naledi se flater nie, maar Willie Nelson s’n!

Mens kan jouself natuurlik die vraag afvra of Willie iets gerook het voor hy daai sinnetjie kwytgeraak het . . .

Dit bring my by my laaste en belangrikste punt: Versigtig tog met die zolletjies, vriende.

Dit is nou soort van wettig, maar die verkeerde gebruik, of oormatige gebruik, is steeds skadelik en nie wenslik nie.

Glo my, anders as Heinz praat ek uit ondervinding!

As gevolg van oormatige gebruik in my jeug het ek nou so ’n totale weersin in die kruid dat ek dit nie eens meer kan geniet nie – al mag ek.

En daarvoor het ek net myself te blameer . . .

Gelukkig is daar darem nog rooiwyn en braaibroodjies.

  • Koos Kombuis is ’n sanger en skrywer van Somerset-Wes.
Meer oor:  Koos Kombuis  |  Heinz Mödler  |  Dagga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.