Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Daisy gaan jou goed aan hart ruk

Fiksie

Daisy Jones & The Six

Taylor Jenkins Reid

CORNERSTONE, R220

Daisy Jones was 14 toe sy op die Sunset Strip in Los Angeles begin uithang het.

Beeldskoon en met skatryk ouers wat te ingekoek in hul eie lewe was, kon die jong Daisy doen nét wat sy wil.

In Pittsburgh, Pennsilvanië, begin die broers Billy en Graham Dunne ’n rockgroep en noem dit later The Six. In die vroeë 1970’s trek hulle na Los Angeles en begin naam maak.

En toe kruis Daisy Jones en The Six se paaie . . .

Toe Daisy Jones & The Six in 2019 verskyn het, het die skrywer, Taylor Jenkins Reid, haar man, Alex, bedank omdat hy Fleetwood Mac se ikoniese album Rumours oor en oor saam met haar geluister het.

Sy het erken dat sy dié bekende groep as inspirasie gebruik het; dat die saadjie geplant is toe sy ’n video van “Landslide” gekyk en ’n oomblik tussen Stevie Nicks en Lindsey Buckingham gesien het.

Die boek se formaat is interessant. Pleks van tradisionele dialoog bestaan dit uit uittreksels uit onderhoude.

Daisy Jones & The Six gaan egter oor veel meer as net sex, drugs and rock ’n’ roll. Dit gaan oor kreatiewe siele wat bots, vriendskap, onbeantwoorde liefde, keuses wat lewenslank ’n invloed het.

Die boek se formaat is interessant. Pleks van tradisionele dialoog bestaan dit uit uittreksels uit onderhoude. Elke lid van die groep, en dié om hulle, kry ’n spreekbeurt om hul kant van die storie te vertel.

Reese Witherspoon, wat die regte vir Big Little Lies gekoop en ’n bekroonde TV-reeks daarvan gemaak het, het Daisy Jones & The Six se regte gekoop.

Verfilming is op die oomblik aan die gang en Riley Keough, Elvis Presley se kleindogter, vertolk die rol van Daisy. Dit is nog nie bekend wanneer die reeks uitgereik gaan word nie, maar lees solank die boek. Dit was sonder huiwering een van my beste leeservarings die laaste tyd.

Ek kan die boeke wat my laat huil het, op een hand tel. Daisy Jones & The Six is een van hulle.

Ilza Roggeband is ’n vryskutjoernalis van Melkbosstrand.

Meer oor:  Resensies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.