Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Dan Sleigh bied lesingreeks in Nederland aan
Dan Sleigh Foto: Michael Hammond

Die skrywer en historikus Dan Sleigh bied einde Mei ’n lesingreeks in Nederland aan.

Op 31 Mei is hy op die Tong Tong-fees in Den Haag aan die woord en op 1 Junie in Zuid-Afrika Huis in Amsterdam.

Sleigh is internasionaal bekend vir sy navorsing oor die VOC se geskiedenis.

Sy boek Eilande, in Nederlands deur Riet de Jong-Goossens vertaal as Stemmen uit zee, gaan oor die ontstaan van die Kaapse VOC-kolonie in Suid-Afrika. Stemmen uit zee was ’n topverkoper in Nederland.

Sleigh het al talle pryse op die gebied van geskiedenis en letterkunde ontvang en hy is met die Orde van Oranje-Nassau tot ridder geslaan vir sy bydrae tot die VOC-geskiedskrywing.

In Den Haag bespreek Sleigh in sy lesing “Gemengde cultuur, gedeeld verleden in Zuid-Afrika” die gemeenskaplike historiese en kulturele band tussen Indonesië, Suid-Afrika en Nederland en belig hy die tema van ons gedeelde geskiedenis.

In Zuid-Afrika Huis staan Sleigh, ’n afstammeling van die Amsterdamse skipper Klaas Acker, stil by sy boek 1795 wat onlangs verskyn het. In die boek is dit die winter van 1795 en die Kaap is nog steeds onder Nederlandse leierskap, maar nie meer vir lank nie. Die Engelse kom in Simonstad aan.

Sleigh praat ook onder leiding van Ingrid Glorie met Duncon Bull, bewaarder van die buitelandse skilderkuns van die Rijksmuseum, oor dié historiese roman en die historiese konteks daarvan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.