Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
De Lange gehuldig op 60ste met bundel deur Akademie
Die digter en skrywer Johann de Lange vier vandag sy 60ste verjaardag. ’n Huldigingsbundel oor sy werk, saamgestel deur Daniel Hugo, het pas verskyn.

’n Huldigingsbundel, Johann de Lange 60: ’n Huldiging, het pas verskyn. De Lange is op 22 Desember vanjaar sestig.

Die bundel, saamgestel deur Daniel Hugo, is die vyfde in die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se huldigingsreeks vir Hertzogpryswenners. De Lange het die eer in 2011 ontvang vir sy digbundel Die algebra van nood. Volgens Hugo getuig die bydraers tot die bundel van De Lange se “vernuwende, openhartige en verrykende” omgang met die woord.

In sy voorwoord skryf Hugo dat De Lange se poësie ’n boeiende paradoks toon. “Enersyds is hy verstegnies ’n besonder vaardige vakman wat tradisionele digvorme met gemak hanteer, andersyds is hy tematies ’n uitdagende vernuwer ten opsigte van gay-erotiek. Verder is hy ’n meester van die interteks- en dié intertekste behels sowel die Afrikaanse letterkunde as die wêreldliteratuur.”

De Lange het in 1982 gedebuteer as digter. Dertien bundels het uit sy pen verskyn. Hugo vervolg “sy binnehuise studeer- en stoomkamerverse word in elke bundel, deur pragtige natuurgedigte en huldigingsverse vir geesgenote in die literatuur en kunste aangevul”.

Benewens digbundels het twee kortverhaalbundels asook ’n dagboek verskyn. De Lange werk ook as vertaler en bloemleser. In die huldigingsbundel is bydraes van Hugo, Erika Terblanche, Antjie Krog, Joan Hambidge, Neil Cochrane, Tanja Botha, Christo van der Westhuizen, Bernard Odendaal, Francois Smith en Tony Ullyatt vervat.

Vir die eerste keer in boekvorm is De Lange se vertaling van die Amerikaanse digter Allan Ginsberg se beroemde gedig Howl hier opgeneem. Dié vertaling word deur Ullyatt bespreek.

Vorige skrywers op wie die kollig geval het in die Akademie se huldigingsreeks, is: Adam Small, P.G. du Plessis, Pieter Fourie en Breyten Breytenbach.

Die Hertzogprys vereer literêre kunstenaars wat Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde met hul werk verryk.

Meer oor:  Hulde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.