Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Debuut kom nie los uit die verf nie

Fiksie

Sypaadjie

Alma Rossouw

WENKBROU, R190

Die storie in Sypaadjie, Alma Rossouw se debuut, loop in kort as volg: Leah is 26 en verlaat Johannesburg vir die Kaap om die familiebesigheid te probeer reg-ruk.

In Kaapstad loop Leah haar ou vriendin Hannah raak, en dis duidelik daar’s steeds gevoelens tussen hulle.

Oukei, dink jy, hier is gegewens waarvan ’n mens iets kan maak. Die storie het potensiaal.

Ongelukkig lees dit soos ’n eerste weergawe waaraan geen redigeerder geraak het nie. In een blok teks eindig vier opeenvolgende sinne met die woord “beweeg”. Dis nie poëties nie, dis iets wat basiese redigering moes regmaak.

Die oogpunt skuif voortdurend tussen Leah en Hannah; dis soms onduidelik wie aan die woord is. Verwarrende narratiewe en denkspronge word gemaak.

Karakters se liggaamstaal word tot vervelens toe beskryf. Eers verstyf die een se skouers en dan bult daai een se kaak en dan straal die verlange uit haar gesig uit.

Beskrywings is dikwels geyk of bloot niksseggend: “Die blou van haar oë lyk soos die see as dit onstuimig is.”

“Leah streel die glas se steel en lig dit na haar mond. Die een ding wat sy in die besigheidswêreld geleer het, is om klein liggaamlike bewegings te gebruik om tyd te steel of om emosies weg te steek.”

In ’n stadium word Leah as die rykste vrou in Suid-Afrika beskryf, iemand wat al lankal vir “ou Wendy” verbygesteek het. So, ’n twenty-something wat sielkunde opgeskop het en onverwags ’n maatskappy by haar oupa geërf het, het skielik die sakevernuf om Wendy Luhabe uit te stof?

Rossouw het moontlik skryftalent, maar dis myns insiens duidelik dat die uitgewer haar ’n ongelooflike onreg aangedoen het deur die teks so gebrekkig te versorg.

Louise Ferreira is ’n vryskutjoernalis en -resensent van Johannesburg.

Meer oor:  Resensies  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.