Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Deon Meyer stel roman Donkerdrif op Netwerk24 bekend
donkerdrif, deon meyer

Human & Rousseau en Netwerk24 nooi jou na die eerste aanlyn bekendstelling van Deon Meyer se jongste spanningsroman, Donkerdrif. Lesers kan uitsien na nog ‘n treffer deur die gewildste skrywer in Suid-Afrika.

Etienne Bloemhof gaan met Deon Meyer gesels en die gesprek word 5 November 2020 om 18:30 regstreeks - en gratis - op Netwerk24 uitgesaai.

Donkerdrif sal vroeg in November landswyd beskikbaar wees by goeie boekwinkels en aanlyn. Dit is natuurlik ook as e-boek beskikbaar en word deur Human & Rousseau, ‘n druknaam van NB-Uitgewers uitgegee.

Drie gelukkige kykers wat inskakel en kommentaar lewer tydens Netwerk24 se regstreekse aanlyn bekendstelling staan die kans om 'n getekende eksemplaar van Donkerdrif te wen.

donkerdrif, deon meyer
Waaroor gaan Donkerdrif?

Iemand skiet vir adjudant-offisier Milo April by die Kaapse Waterfront. Koelbloedig, helder oordag. Is ’n senior SAPD-offisier daarvoor verantwoordelik? En hou dit verband met geheimsinnige briewe wat die geskorste Valke-speurders Bennie Griessel en Vaughn Cupido ontvang het? Met ondertone van nóg staatskaping-onheil?

As hulle dit kan ontrafel, is hul loopbane gered. Maar hoe ondersoek jy ’n saak in die geheim, met jou hele toekoms op die spel as jy uitgevang word?

Terwyl jy boonop jou tyd moet mors met ’n studentjie op Stellenbosch wat skynbaar ná ’n naweek se gefuif tussen neus en ore verdwyn het? En die aapstreke tussen Jasper Boonstra, die superryk, alomberugte korporatiewe swendelaar, en die sensuele, desperate eiendomsagent Sandra Steenberg . . .

Jy doen maar wat jy altyd doen as jy Griessel en Cupido is. Bekhou, kophou, aanhou. Terwyl jou base raas en die media onmenslike druk op jou plaas. En jy stadigaan besef dit is die donkerste drif wat agter alles sit.

Gierigheid.

* LEES OOK: Eksklusiewe uittreksel uit Donkerdrif

Meer oor:  Human & Rousseau  |  Deon Meyer  |  Donkerdrif  |  Spanningsroman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.