Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Deon Meyer verras met Franse bedanking toe hy prys kry
Aurélien Lechevallier (links), die Franse ambassadeur in Suid-Afrika, en die bekroonde misdaadfiksieskrywer Deon Meyer. Foto: Verskaf

Die spanningsverhaalskrywer Deon Meyer is Dinsdag luid toegejuig toe hy ’n deel van sy bedanking in Frans gedoen het nadat hy die Chevalier des Arts et des Lettres ontvang het.

Die Franse ambassadeur in Suid-Afrika, Aurélien Lechevallier, het dié kulturele eerbewys, ridder in die orde van die kunste en letterkunde, namens die Franse president, Emmanuel Macron, op die Glenelly-landgoed buite Stellenbosch aan hom oorhandig.

Meyer het gesê hy het as 14-jarige skoolseun op Klerksdorp op die Franse taal verlief geraak toe hy dit as skoolvak geneem het.

Ongelukkig was daar nie genoeg leerlinge wat in Frans as vak belanggestel het nie en hy kon dit nie tot matriek neem nie.

Hy kon die taal weer op universiteit bestudeer.

Meyer het gesê dat dit ook Dinsdag sy geliefde Marianne, sy vrou, se verjaarsdag is.

Meyer, ’n Afrikaanse misdaadfiksieskrywer en deesdae ook ’n draaiboekskrywer, het 15 romans en drie kortverhaalbundels gepubliseer.

Sy boeke is in 27 tale vertaal en word in 40 lande oor die wêreld heen gedruk. Twee van sy boeke is in internasionale TV-reekse omskep.

Aurélien Lechevallier, Franse ambassadeur, en Deon Meyer by die geleentheid waar die spesiale eerbewys aan Meyer toegeken is. Foto: Verskaf
Aurélien Lechevallier, Franse ambassadeur, en Deon Meyer by die geleentheid waar ’n spesiale eerbewys aan Meyer toegeken is. Foto: Verskaf

Hy het ook reekse vir televisie en rolprente geskryf en het as regisseur en vervaardiger vir van die rolprente opgetree.

Meyer is al voorheen in Frankryk vereer en het onder meer die Le Grand Prix de Littérature Policière (2003) en die Le Prix Mystère de la critique (2004) ontvang.

Meyer is lief daarvoor om tyd in Frankryk deur te bring en besoek graag in die Europese somer die Franse stad Bordeaux.

Die ministerie sê in ’n mediaverklaring die eerbewys is uit erkenning vir sy werk as skrywer en sy spesiale verhouding met Frankryk, wat in van sy boeke weerspieël word.

Dele van Meyer se The Last Hunt (wat in Afrikaans as Prooi verskyn het) speel af in Bordeaux, waar een van sy karakters, die Suid-Afrikaner Thobela Mpayipheli woon.

Die Chevalier des Arts et des Lettres word sedert 1957 deur die Franse ministerie van kultuur toegeken.

Die Suid-Afrikaners Johnny Clegg (1991), William Kentridge (2013), Gregory Maqoma (2017) Zanele Muholi (2017) en Jonathan Shapiro (Zapiro) (2019) het ook die eerbewys ontvang.

Meer oor:  Deon Meyer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.