Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Deur dik en dun saam met Nataniël

Fiksie

Dik Dun Thick Thin

Nataniël

HUMAN & ROUSSEAU, R250

Wanneer Nataniël nie liedjies in ’n androgene stem sing nie, vertel hy stories – soms op die verhoog en soms op papier, soos met Dik Dun Thick Thin, sy jongste bundel.

Resensente was nooit heeltemal seker wat om met hierdie boeke te maak nie.

Dis dalk gerig op mense wat die stories wat hulle in een van Nataniël se vertonings beleef het, wéér wil beleef. Of wat sommer net eenkant – veral met stories soos hierdie wat nog nie op die verhoog vertel is nie – wil sit en giggel.

Oor die een ding wat Nataniël se vertellings nié is nie, is lankal uitsluitsel bereik: Dit is nie letterkundige pogings wat as sodanig beoordeel moet word nie – dié stories is eintlik ’n genre op hul eie.

Ons sit haar in ’n trollie, sy sak in soos ’n verdoofde leeu in ’n veearts­krat.

Al grens van sy stories aan die absurde en is hulle heel eiesoortig, weet ’n mens min of meer wat om van Nataniël te verwag: karakters met skreeusnaakse name soos “Smarag” of “Dialise Smit”, ongewone situasies soos die “koning” van Spanje wat aan ’n bed vasgebind is of spierwit lakens wat ’n woonstel vol hang. En natuurlik kwinkslae, soos: “Ons sit haar in ’n trollie, sy sak in soos ’n verdoofde leeu in ’n veearts­krat.”

Interessant dat die uitgewer besluit het om agt Engelse stories by die bundel in te sluit waaroor ’n mens niks meer of minder kan sê as die Afrikaanse verhale nie.

Dik Dun Thick Thin steek nie werklik af by Nataniël se vorige bundels nie, maar ná die lees voel dit tog of die stories effens saamgeflans en geforseerd is – asof jy met die vorige boek, Kyk na my, in die hand sit.

’n Mens kan dikwels nie die versoeking weerstaan om een of twee verhale sommerso op ’n keer te lees nie, maar by hierdie leser het dit meer grinnik as giggel ontlok.

Dik Dun Thick Thin sal plesier gee aan Nataniël se gehardste aanhangers. En daarvan het hy genoeg.

J.B. Roux is ’n vryskutresensent van Riebeek-Wes.

Meer oor:  Nataniël  |  Resensies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.