Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Dié 24 skrywers in US Woordfees se kortverhaalbundel
Lynthia Julius

Daar is 24 verhale gekies vir publikasie in die nuwe US Woordfees-kortverhaalbundel wat volgende jaar by die Toyota US Woordfees te koop sal wees.

Dié kortverhaalbundel, wat sedert 2016 jaarliks gepubliseer word, se titel is altyd dieselfde as die feestema, maar omdat die fees as gevolg van die Covid-19-pandemie van Maart tot September verskuif is, sal die feestema, en daarmee ook die titel van die bundel, eers volgende jaar bekend gemaak word.

Vanjaar is 288 inskrywings ontvang.

Die wenner, wat op die bundel se bekendstelling gedurende die 2021-fees aangekondig sal word, wen R30 000 geborg deur Du Toitskloof Wyne. Elke ander skrywer wat in dié bundel opgeneem word, ontvang ’n prysgeld van R5 000.

“Met die meeste vorige bundels het daar ’n dominante tema of temas na vore gekom, maar vanjaar was dit interessant genoeg nie die geval nie. Daar is wel verhale met Covid-19 as onderwerp, maar

Gerda Taljaard

dit oorheers glad nie te midde van ’n wye verskeidenheid temas nie,” sê Suzette Kotzé-Myburgh, wat sedert 2016 die sameroeper van die beoordelaarspaneel is. “Soos met al die vorige bundels was die gehalte hoog en dit was moeilik om net 24 kortverhale en ’n uiteindelik wenner te kies.”

Die ander twee beoordelaars was Valda Jansen en Marius Swart.

Die lys van skrywers in alfabetiese volgorde wat in die 2021 US Woordfees Kortverhaalbundel opgeneem word:

• Coen Basson

• Karien Brits

Wessel Pretorius

• Dan du Plessis

• Illona Edwards

• Ryno Eksteen

• Brian Fredericks

• Audrey Jantjies

• Tarina Jordaan

• Lynthia Julius

• Sisca Julius

• Anna Kemp

• Jennie Kruger

• Karen Loots

• Isabel Martinson

• Michèle Meyer

• Estelle Nagel

• Wessel Pretorius

• Deborah Steinmair

• Adriaan Steyn Hendricks

• Amorine Strydom

• Gerda Taljaard

• Jaco van der Merwe

• Madeleen Welman

• Jelleke Wieringa

Die Toyota US Woordfees word van 17 tot 24 September in Stellenbosch aangebied.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.