Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Dié boeke op kortlyste van Media24 se boekpryse
Nathan Trantraal se boek Wit isssie ’n colour nie is benoem vir die Recht Malan-prys vir niefiksie.

Die kortlyste vir die Media24-boekpryse vir vanjaar is pas bekendgemaak. Dié pryse word in ses kategorieë toegeken en het ’n gesamentlike prysgeld van R210 000.

Met die pryse word jaarliks erkenning gegee aan die beste boeke wat in die voorafgaande jaar deur boekuitgewerye in die Media24-groep gepubliseer is. Dié uitgewerye sluit NB-Uitgewers (met drukname soos Human & Rousseau, Tafelberg, Kwela Boeke en Queillerie), sowel as Jonathan Ball Publishers, in.

Onafhanklike keurpanele het die kortlyste saamgestel uit 80 titels wat voorgelê is. Die kortlyste bestaan uit drie titels elk, afgesien van die Elisabeth Eybers-prys waar twee bundels vanjaar in aanmerking kom.

Die digter Pieter Odendaal se bundel Asof geen berge ooit hier gewoon het nie is benoem vir die Elisabeth Eybers-prys vir poësie.

Die kortlyste, in alfabetiese volgorde volgens skrywer, is soos volg:

W.A. Hofmeyr-prys vir Afrikaanse fiksie (romans, kortverhale, drama)

Die dao van Daan van der Walt deur Lodewyk G. du Plessis (Tafelberg)

Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Charl-Pierre Naudé (Tafelberg)

Die troebel tyd deur Ingrid Winterbach (Human & Rousseau)

Lodewyk G. du Plessis se roman Die dao van Daan van der Walt is benoem vir die W.A. Hofmeyr-prys vir Afrikaanse fiksie.

Herman Charles Bosman-prys vir Engelse fiksie (romans, kortverhale, drama)

The Ones with Purpose deur Nozizwe Cynthia Jele (Kwela Boeke)

Soweto, Under the Apricot Tree deur Niq Mhlongo (Kwela Boeke)

The Hum of the Sun deur Kirsten Miller (Kwela Boeke)

Recht Malan-prys vir niefiksie

The Last Words of Rowan du Preez deur Simone Haysom (Jonathan Ball Publishers)

Steinheist deur Rob Rose (Tafelberg)

Wit issie ’n colour nie deur Nathan Trantraal (Kwela Boeke)

Elisabeth Eybers-prys vir digbundels

The History of Intimacy deur Gabeba Baderoon (Kwela Boeke)

Asof geen berge ooit hier gewoon het nie deur Pieter Odendaal (Tafelberg)

M.E.R.-prys vir jeugverhale

The Reject deur Edyth Bulbring (Tafelberg)

Kraak deur Rouxnette Meiring (Tafelberg)

Mine deur Sally Partridge (Human & Rousseau)

M.E.R.-prys vir geïllustreerde kinderboeke

Stories vir pikkies en peuters deur Gertie Smit, geïllustreer deur Samantha van Riet, Tumi K. Steyn, Tasia Rosser en Melany Pietersen (Tafelberg)

Bennie Boekwurm se mooiste sprokies deur Louise Smit, geïllustreer deur Johann Strauss (Human & Rousseau)

Die legendariese Lua Verwey deur Dihanna Taute, geïllustreer deur Theodore Key (Human & Rousseau)

* Die wenner in elke kategorie ontvang R35 000. By die M.E.R.-prys vir geïllustreerde kinderboeke word die prysgeld verdeel tussen die skrywer en illustreerder(s).

Die pryse word op Donderdag 13 Junie in Kaapstad toegeken.

Meer oor:  Media24
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.