Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Die Book Lounge in Kaapstad vra om hulp

In ’n e-pos aan sy gereelde klante het die bestuur van die veelbekroonde onafhanklike boekwinkel The Book Lounge om hulp gevra.

The Book Lounge in Kaapstad het sy kliënte om hulp gevra om te oorleef.

Die Kaapse boekwinkel in Roelandstraat, wat ook jaarliks die Open Book-fees reël en geld insamel vir ’n skoolbiblioteek-veldtog, kan nie oorleef tydens die staat van inperking weens die Covid-19-pandemie nie.

“Terwyl ons wag vir moontlike veranderinge rakende die inperkingsmaatreëls, het ons julle hulp nodig. ’n Klein sake-onderneming soos The Book Lounge kan eenvoudig nie oorleef as dit vir ’n lang tydperk gesluit is nie.”

Die boekwinkel het vyf jaar ná mekaar die Pasa-prys (van die uitgewersvereniging van Suid-Afrika) ontvang as die onafhanklike boekverkoper van die jaar, maar nou sukkel die bestuur om salarisse, verskaffers en vaste uitgawes te betaal.

“As dit vir julle moontlik is, oorweeg om ons in die moeilike tye te help,” lui die e-pos. Die bestuur stel voor dat kliënte geskenkbewyse koop deur gebruik te maak van Snapscan of PayFast op hul webblad, wat dan gebruik kan word sodra die winkel weer oop is. Daar kan ook deposito’s in die winkel se bankrekening gemaak word. Stuur ’n e-pos na booklounge@gmail.com vir die bankbesonderhede en ’n verwysingsnommer. Enige navrae kan gestuur word na die e-posadres booklounge@gmail.com. Enige boeknavrae kan beantwoord word sodra die winkel weer oop is vir sake.

Meer oor:  Kaapstad  |  Covid-19  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.