Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Die Dao van Daan, Lodewyk, Etienne, Frederik

Ek dink die laaste ruk nogal baie aan die boek Die Dao van Daan van der Walt.

Oor die meriete van die boek en hoe geslaagd dit is as literêre teks is daar in hierdie stadium min twyfel.

Resensente het tot dusver meestal net lof gehad vir die boek met sy besonder wye verwysingsveld wat die klassieke geskiedenis, mitologie, teologie, die Bybel, ander ouer mites soos die Gilgamesj-mite en veral die Chinese geskiedenis, digkuns, en Taoïsme betrek.

Maar die een ding wat tot nou betreklik min aandag gekry het, is die feit dat die skrywer, Lodewyk G. du Plessis, natuurlik ’n skuilnaam is.

Nou kan ’n mens vra wat presies die doel van ’n skuilnaam is en of dit nie maar net ’n bemarkingsfoefie is nie?

In dié stadium kan ’n mens seker net vir De Jager, wat blyk die woordvoerder vir die outeur en boek te wees, geluk sê.

En gee iemand werklik om?

Om ’n bietjie hype te skep het dié truuk aanvanklik nogal lekker gewerk: Daar is gegis en gegons (oukei, ek weet van vier mense wat gegis en gegons het . . .) oor wie hulle meen nou eintlik die outeur is.

’n Eerste naam wat in die hoed gegooi is, “according to people familiar with the situation” (soos Financial Times graag berig), was dié van Etienne Britz.

Maar nee, Britz se naam is vinnig van die tafel gevee met die noem van Frederik de Jager homself: Is die beste wegkruipplek wanneer jy wegkruipertjie speel nie maar reg onder die neus van die ou wat met toe oë tel nie?

Maar ook nee, sê ’n skrywer, by ’n prysuitdeling het iemand De Jager glo self gevra of hy die outeur is, en die persoon kon blykbaar sien of hy jok . . .

Ander meen weer ’n bekende Kaapse boekklub sit agter die hele ding en hierby dobber ’n afge­trede Kaapse regsgeleerde se naam ook hier en daar na die oppervlak.

Een resensent sê weer die volgende:

“Dit is ’n man, ouer as 65, wat op PUK geswot het, wat ’n Dopper is.

“Ek dink hy het naby verbintenisse met ’n Dopperdominee wat gay is, maar getroud.

“Hy wil nie mense in die bollie laat kom nie . . .”

Maar, sê hy dan ook, hy stel eintlik glad nie belang wie die skrywer is nie, want die teks moet natuurlik self die praatwerk doen.

Geen sprake dus van ’n oorwerkte reklamemasjien wat uit die heup skiet . . . en dan baar die berg ’n muis nie.

Miskien, as iemand die tyd en lus het, kan ’n mens die Elena Ferrante-roete gaan en sê: “Follow the money!”

Maar weer, wie gee om?

In dié stadium kan ’n mens seker net vir De Jager, wat blyk die woordvoerder vir die outeur en boek te wees, geluk sê.

Geluk met dié Tao . . .

En: Kinders by dosyne!

  • Jo Prins is die redakteur van Boeke24.
Meer oor:  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.