Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Die hunkering na ma-wees

The Under­achieving Ovary

JT Lawrence

PULP BOOKS, R199

Wat doen jy wanneer jy jou lewe lank al broeis is, maar wanneer jy kort ná jou wittebrood die Pil wegsmyt, raak jy net nie swanger nie?

JT Lawrence se memoir The Under­achieving Ovary gaan oor haar hartsbegeerte om ’n kind te hê en haar desperaatheid om swanger te word. Die boek is gegrond op die dagboek wat sy gedurende haar vrugbaarheidsbehandeling gehou het.

Lawrence sit met twee groot pro­bleme: ’n hartvormige baarmoeder (toe die diagnose later verander word na ’n bicornuate uterus – horings eerder as ’n hart – begin sy daarna verwys as haar “devil womb”) en endometriose. Endometriose oral, tot by haar diafragma.

Lawrence skryf ontsettend eerlik oor haar pyn, fisiek en emosioneel; oor die hel van in vitro-bevrugting en die gat in haar hart. Sy voel asof haar lyf haar in die steek gelaat het. As vrou is sy ’n mislukking. Sy en haar man gebruik eers hul spaargeld en leen dan uit hul huisverband; duisende rande vloei deur hul vingers. Miskien sal dit dié keer werk . . .

Ten spyte hiervan is haar verhaal nie neerdrukkend nie. Die feit dat haar vertelling selfs soms bitter snaaks is, spreek van haar talent as skrywer.

Louise Ferreira

Meer oor:  Memoir
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.